Azura Sleep Cederberg Estate
- Kapasiteit: 22 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: 191 Cederberg Estate, Haasendal, Kuils River, 7580, Wes-Kaap
- Vanaf R1 250 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Azura Sleep Cederberg Estate bied verblyf in 3 selfsorgwoonstelle in Haasendal, Kuilsrivier. Dit is net 'n kort entjie se ry vanaf winkelsentrums en gewilde restaurante.
Daar is 5 woonstelle, 3 ateljeewoonstelle en 2 tweeslaapkamerwoonstelle.
Die ateljeewoonstelle het elkeen 'n oopplan-slaapkamer met 'n dubbelbed, 'n enkelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Elkeen van hierdie woonstelle het slaapplek vir 3 gaste. Handdoeke en linne word voorsien. Hierdie woonstelle het ook elkeen 'n oopplan-kombuis met 'n yskas, mikrogolf, oond, stoof, broodrooster, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is ook 'n TV met Netflix of Prime Video. Sommige eenhede het DStv-toegang. Elke woonstel het 'n waaier.
Die eerste tweeslaapkamerwoonstel bied slaapplek aan 5 gaste. Die slaapkamers is elk ingerig met 'n dubbelbed. 'n Ekstra enkelbed is in die sitkamer geleë. Die badkamer is toegerus met 'n stort, toilet en wasbak.
Die tweede tweeslaapkamerwoonstel kan tot 5 gaste akkommodeer. Die slaapkamers is elk ingerig met 'n dubbelbed en die badkamer het 'n stort, bad, toilet en wasbak. Handdoeke en linne word voorsien. 'n Ekstra enkelbed is in die sitkamer geleë.
Daar is veilige parkeerplek vir 1 voertuig per woonstel, 'n gemeenskaplike braai-area, gemeenskaplike swembad en 'n speelarea vir kinders. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die woonstelle is 20 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe, 35 km vanaf Kaapstad se middestad, 19 km vanaf Stellenbosch en 34 km vanaf Franschhoek. Die woonstelle is die ideale basis om die Kaapse Wynroete te verken en is ook naby Tygervalley Mall, Kuilsrivier Gholfklub, Century City en Bracken Natuurreservaat.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Christo Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 80
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- 191 Cederberg Estate, Haasendal, Kuils River, 7580, Wes-Kaap
- Gaste dink Azura Sleep Cederberg Estate het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 22 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: 191 Cederberg Estate, Haasendal, Kuils River, 7580, Wes-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang