Successfully reported
+31

Hills Palm Tree

Selfsorg
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 14:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1 Hills Avenue, Ballito Hills, Durban, 4422, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R5 000 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Hills Palm Tree verwelkom gaste by 'n opwindende vakansie op die Ballito Hills Lifestyle Estate. Die landgoed bied moderne afwerkings en pragtige see-uitsigte in die verte en gaste kan uitsien na onvergeetlike verblyf naby die ikoniese Dolfynstrand.

Die woonstel, hoewel kompak, is die perfekte grootte en spog met die perfekte ligging vir die sakereisiger, paartjie of alleenreisiger. Die woonstel bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n glasskuifdeur wat na ide balkon lei. Dit laat baie natuurlike lig in gedurende die dag en gaste kan die sterrehemel saans daardeur dophou. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, skottelgoedwasser, wasmasjien, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n toonbank met stoeltjies. Die stylvolle sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV wat teen die muur gemonteer is. Gratis WiFi-toegang word voorsien.

Die leefarea lei na 'n balkon met ingeboude braaigeriewe. Dit is die perfekte plek om te ontspan of om te onthaal met 'n glasie wyn in die hand.

Die landgoed bied 'n rits aktiwiteite om gaste te vermaak. Daar is 'n swembad, gesondheidspa, restaurant, gimnasium, muurbalbaan, mini-sportveld, wassery, 'n sitarea met gratis WiFi, 'n speletjieskamer en tuisteaterkamer - gaste mag dalk net langer wil vertoef!

Ballito is 'n vakansiedorp in Durban en net 20 minute se ry van King Shaka Internasionale Lughawe af. Daar is so baie om te sien en doen. Hou jou oog oop vir die dolfyne wat graag hierdie deel van die Noordkus besoek, vang vis of besoek die opwindende Sibaya Casino and Entertainment Kingdom.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 3 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Host Geverifieer

Eiendomme 100+

Resensies 764

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • 1 Hills Avenue, Ballito Hills, Durban, 4422, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Hills Palm Tree het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 5 000
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 5 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 5 000
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 14:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1 Hills Avenue, Ballito Hills, Durban, 4422, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA91503f2ab23f23673c00497b9622f300f8526059d43c43cc06ed869cb80ce16aca5445d86dd7c53110c0a5c3c8a82669c76f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 000 per nag, vir 2 mense 3 5 1 5 1 Hills Avenue Ballito Hills 4422 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-14:00 10:00 -29.523075913352 31.207788902782
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang