Ballito Splash
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hills Avenue, 268 Ballito Hills Lifestyle Estate, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Ballito Splash is op 'n veilige landgoed in Ballito, 'n kusdorpie in KwaZulu-Natal, geleë. Dit is die ideale plek vir gaste wat 'n ontspannende wegbreek naby die see soek. Dit is ook naby Ballito Junction-winkelsentrum en 'n leefstylwinkelsentrum geleë.
Die woonstel met lugversorging bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 1 slaapkamer met 'n koninggrootte-bed en 1 badkamer met 'n stort.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n sitarea met 'n gemaklike rusbank, stoel en 'n TV met Netflix. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, wasmasjien en 'n skottelgoedwasser toegerus. Daar is ook stoeltjies waar gaste maaltye kan geniet. Gratis WiFi is beskikbaar.
Buite is daar 'n balkon met 'n gasbraai en 'n uitsig oor die see in die verte.
Gaste het toegang tot tafeltennis, spa-geriewe, 'n gimnasium en 'n gemeenskaplike swembad. Daar is ook 'n speelpark vir kinders en 'n restaurant op die perseel wat in Italiaanse kookkuns spesialiseer en dit is oop vir middagete en aandete.
Die Umhlanga-vuurtoring is 30 km vanaf die woonstel, Kings Park-stadion is 45 km ver en King Shaka Internasionale Lughawe is 14 km ver.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Hills Avenue, 268 Ballito Hills Lifestyle Estate, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 2 volwassenes
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hills Avenue, 268 Ballito Hills Lifestyle Estate, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang