Successfully reported
+75

110 Bay View

  • Kapasiteit: 23 persone
  • Geen kinders onder 6
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Uitzicht 110, State President CR Swart Road, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

110 Bay View bied selfsorgverblyf in die klein kusdorpie Brenton-On-Sea, die verborge skat van Knysna. Dit is op 9 ha se natuurskoon en hoog teen 'n heuwel weggesteek. Die verblyf bied ongelooflike see-uitsigte en is naby die strand geleë. Gaste kan ook tussen Junie en November walviskyk vanaf die stoep.

Die akkommodasie word aangebied in 3 gerieflike selfsorgwoonstelle met slaapplek vir 4 gaste. Elke woonstel bied see-uitsigte, 'n stort en bad of net 'n stort, 'n oopplan-sitkamerarea met 'n TV, en 'n toegeruste kombuis met 'n oond en gasstoof, mikrogolfoond en 'n yskas-vrieskas. Haardroërs en verwarmers kan voorsien word, afhangend van Eskom se beskikbaarheid van elektrisiteit. Elke woonstel het ook toegang tot 'n buite-patio, braaigeriewe en parkeerplek. 3 van die woonstelle het toegang tot gratis WiFi.

Brenton-On-Sea bied 6 km se ongerepte strande en is 10 km van Knysna af. Die Knysna-strandmeer is naby en daar kan 'n mens lekker visvang, watersport, bootritte en kanovaart aanpak. Ander besienswaardighede sluit in die Knysna Koppe, Leisure Island en Featherbed Natuurreservaat waar daar staproetes is. Gewilde gholflandgoedere soos Simola en Pezule Golf Estate is minder as 30 minute se ry ver. Daguitstappies na die Kango-grotte en Cango Wildlife Ranch kan geniet word, sowel as ander plekke soos Birds of Eden, die Monkeyland Primate Sanctuary, die Tenikwa Wildlife Awareness and Rehabilitation Centre, en die Plettenbergbaai Wildreservaat.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Mooi uitsig

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 64 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Hendrina R
Saam met lewensmaat
5.0
Vriendelike en gawe mense. Behulpsaam. Sal hulle plekkie beslis aanbeveel. Baie lekker gebly, rustig en mooi uitsig oor die see.
Sep 2025
Saartjie H
Saam met lewensmaat
5.0
Gerieflik, met asemrowende uitsig. Die eenheid is goed geleë (sentraal tot bedieningswaardighede in die omgewing); met 'n asemrowende uitsig oor die s...
Sien meer
Mei 2025
Theresa K
Saam met lewensmaat
5.0
Baie vriendelike en omgee gasvrou en heer. Baie lekker gebly, pragtige plek en uitsig.
Apr 2025
Jacques R
Gesin met tieners
5.0
Asemrowende uitsigte en vriendelike mense. Die uitsigte is asemrowend en die mense is baie vriendelik en hulpvaardig. Ons het baie lekker gebly.
Mrt 2025
Elna K
Saam met lewensmaat
5.0
Sal enige tyd teruggaan. Dit was 'n wonderlike plek met 'n asemrowende see-uitsig.
Nov 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Poppie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 64

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Uitzicht 110, State President CR Swart Road, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Gaste dink 110 Bay View het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 200
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 1 200
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 23 persone
  • Geen kinders onder 6
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Uitzicht 110, State President CR Swart Road, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDc1NGFhNzFjLTUyOTAtNDkzZS1hZmNmLWNlYTZhNjg1ZTYzZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2) 64 5 1 5 Uitzicht 110 State President CR Swart Road 6570 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.060756110302 23.007791789024
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang