Successfully reported
+22

Bayala Private Safari Lodges

Wildsplaas
  • Kapasiteit: 48 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farm Versveld, Bayala, 3966, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R7 570 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Bayala Private Safari Lodges is 'n gesinslodge en dit is net 3 ure se ry van Durban se King Shaka-lughawe af. Bayala is in 'n malariavrye Groot 5-bewarea geleë wat uit 30000 ha ongerepte wildernis bestaan.

Die verblyf bestaan uit 24 dubbelkamers/2-enkelbedkamers. Elke kamer het slaapplek vir 2 gaste en het 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer. Geriewe in die kamer sluit lugversorging of 'n waaier, linne, handdoeke en tee- en koffiemaakgeriewe in.

Geriewe op die perseel sluit 'n swembad, braai-area, konferensiegeriewe en veilige parkeerplek in. Daar is ook 'n gastesitkamer, rustieke kroeg, informele eetarea binne of buite waar die binnenshuise sjef allerhande eetervarings aanbied: van 'n tradisionele braai onder die sterre tot warm en koue volledige Engelse ontbyte en middagetes in die lodge of op die veranda langs die swembad. Gaste kan saam met ons ervare wildbewaarders op 'n oop safari-voertuig leeus, olifante, luiperds, buffels, renosters, sebras, kameelperde en ander wild gaan kyk.

Daar is verskeie toere na tradisionele Zoeloe-statte en plattelandse skole. Verder is daar ook toere vir die meer avontuurlustiges waaronder bootritte, begeleide wildritte, perdritte, visvang, olifanttoere, staproetes en 'n besoek aan die rehabilitasiesentrum vir diere. Vir 'n ontspanne dag langs die see, is Sodwanabaai en Cape Vidal se ongerepte strande en die warm Indiese Oseaan net om die draai. Kom en herlaai jou batterye en moeë lyf en siel met 'n besoek aan ons gesondheidsoord.

Doendinge in die omgewing sluit perdry, visvang, Groot 5, voëlkyk, wynproe, fietsry, wildritte, wildkyk, begeleide voetslaanroetes, bergfietsry en swem.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Konferensiegeriewe
Wildritte
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

3.4/ 5

Gebaseer op 1 resensie


Netheid
2.0
Ligging
4.0
Waarde vir geld
3.0
Diens
4.0
Veiligheid
4.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

3.4/5

Lungelo Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 14 jaar

Ligging

  • Farm Versveld, Bayala, 3966, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Bayala Private Safari Lodges het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 7 570
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 7 570
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 7 570
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 48 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farm Versveld, Bayala, 3966, KwaZulu-Natal
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDc4NThiNGY3LWJlMzAtNGQyNC04ZGEyLWMzOTIyNWM5OTA2Nw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R7 570 per nag, vir 2 mense 1 5 1 4 Farm Versveld Bayala 3966 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -27.829920468624 32.199963707733
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang