Successfully reported
+34

Beach Break

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 15 Beach Road, Scarborough, Cape Town, 7975, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 450 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Beach Break is 'n lig, sonnige, baie privaat selfsorg-dubbelverdiepinghuis in Kusweg in Scarborough. Hierdie huis is net ’n minuut se stap vanaf die strand.

Beach Break het oorgenoeg plek vir 1 of 2 gesinne en bied slaapplek aan 6 volwassenes en 2 kinders, of 4 volwassenes en 4 kinders. Dis ook ideaal vir 'n romantiese wegbreek, want die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping.

Die huis beskik oor 3 slaapkamers met en suite-badkamers. Die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping en het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed, enkelbed en 'n stapelbed, asook 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede en derde slaapkamer lei na die tuin.

Die kombuis, sitarea en eetarea het 'n oopplan-uitleg en kry heerlike oggendson. Gaste kan hulle ontbyt op die agterste balkon geniet terwyl hulle die berguitsig bewonder. Die kombuis is met 'n yskas, mikrogolfoond, stoof, oond en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die eetarea het 'n groot etenstafel met sitplek vir 8 en die sitarea het gemaklike rusbanke, bordspeletjies, musiek-koppelstasie, komberse en 'n kaggel.

Die leefarea het skuifdeure wat na die boonste balkon met oorgenoeg sitplek, braaigeriewe en 'n oprol-sonskerm lei. 'n TV met Netflix is beskikbaar.

Die groot, veilige tuin is ideaal vir kinders om in te speel en 'n mandjie vol speelgoed, soos balle en rakkette, word voorsien. Verder is daar 'n vuurput en braai-area in die agtertuin.

Camel Rock Restaurant en The Hub Café & Foragers Deli is nabygeleë. Gaste kan Kaappunt, Boulders Beach se pikkewyne, Kommetjie, Long Beach, Noordhoek en Chapmanspiek-rylaan besoek. Beach Break is 40 minute se ry vanaf Kaapstad se sakekern en die V&A Waterfront.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 3 Badkamers, 3 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

4

1 x Dubbelbed

1 x Stapelbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Stroomdienste
Kaggel
Braai
Vuurmaakhout
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 21 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
4.7
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Sue Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 21

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 15 Beach Road, Scarborough, Cape Town, 7975, Wes-Kaap
  • Gaste dink Beach Break het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 450
per nag (plek vir 8)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 450
per nag (plek vir 8)
Vanaf
R 3 450
per nag (plek vir 8)
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 15 Beach Road, Scarborough, Cape Town, 7975, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa74ea75c5c618719bf56c863d9dfbb1c57a69293b889360cb430af42f5cc144e2e0bec9f792e72ce07d9df560272c733fd91?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 450 per nag (plek vir 8) 21 5 1 5 15 Beach Road Scarborough 7975 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 11:00 -34.19710652073 18.37285317791
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang