Beach Club 207
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Beach Boulevard East, Diaz Beach, Mossel Bay, 6500, Wes-Kaap
- Vanaf R2 100 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Beach Club 207 is in Diaz Beach, Mosselbaai geleë en bied gehalteverblyf vir 'n gesin of groep vriende. Dit is binne maklike bereik van 'n groot winkelsentrum, restaurante, die swemstrand, doendinge en besienswaardighede.
Die woonstel beskik oor 3 slaapkamers en bied slaapplek aan tot 6 gaste op 'n slag. Elke kamer het vensters aan die noordekant van die woonstel, wat dit ook geskik maak vir wintervakansies. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak asook 'n verhitte handdoekreling. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed die derde slaapkamer 2 enkelbeddens, en die tweede badkamer het 'n bad, instapstort, toilet en wasbak asook 'n verhitte handdoekreling.
Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n dubbelwasbak, 'n glasstoofplaat, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, Nespresso-koffiemasjien, lugbraaier, en koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei, asook piekniekware, om te gebruik by die buitebraai of op die ruim grasperk voor die gebou. Ander geriewe sluit 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër-kombinasie in, en 'n groot granietblad met sitplek vir 8 gaste.
Die sitkamer het gemaklike rusbanke asook 'n groot platskerm-TV. Gaste kan ook komplimentêre WiFi-toegang geniet. Daar is ook 'n omskakelaar wat die TV en rekenaars aan die gang hou tydens beurtkrag.
Die balkon bied onbelemmerde uitsigte oor die see vanaf Kleinbrak tot by Mosselbaai en is toegerus met 'n stoeptafel, stoele, Weber-braai en wasgoedlyn. Swemhanddoeke word voorsien.
Gaste het gratis toegang tot die hotel se groot, kouewater-swembad wat langs die swemstrand geleë is. Die hotelle, waterpark, gimnasium, restaurant en seefrontkroeg is langs die gebou geleë. 'n Kragopwekker verskaf elektrisiteit aan die hysbak tydens beurtkrag.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Schalk Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 6
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Beach Boulevard East, Diaz Beach, Mossel Bay, 6500, Wes-Kaap
- Gaste dink Beach Club 207 het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Beach Boulevard East, Diaz Beach, Mossel Bay, 6500, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang