Successfully reported
+21

Beach Club 504

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Beach East Boulevard Die Voor Bay, Diaz Beach, Mossel Bay, 6506, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 500 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Beach Club 504 is 'n kontemporêre selfsorgwoonstel met praguitsigte in die Beach Club-kompleks in Mosselbaai en is net 100 m vanaf Diaz Strand af.

Die woonstel is geskik vir 6 gaste en beskik oor 2 en suite-slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die badkamer het 'n bad, stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en nog 2 ekstra uittrek-beddens. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Die kombuis is met 2 yskaste, 'n oond, stoof, mikrogolfoond, Nespresso-masjien, ysmasjien, wasmasjien, tuimeldroër en skottegoedwasser toegerus. Die leefarea het 'n viersitplek-etenstafel en 2 uittrekdagbeddens voor die platskerm-TV met DStv.

Die leefarea lei na 'n groot stoep glasdeure en asemrowende uitsigte. Daar is ook gasbraaigeriewe.

Verder kan gaste in die swembad op die perseel baljaar, op die groot grasperk kuier en die braaigeriewe benut. Die kompleks bied ook privaat toegang na die strand.

Die kompleks is naby Diaz Waterpark, Hartenbos, Langeberg-winkelsentrum, Santos-strand, Mosselbaai en Diaz-museum. Die naaste lughawe is 39 km ver.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 2 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

4

2 x Enkelbed / Driekwartbed

2 x Ekstra enkelmatras

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Volledige kombuis
Braai

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 12 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Patrys B
Gesin met klein kinders
5.0
Modern en netjies. Baie netjiese woonstel met moderne geriewe.
Apr 2025
Anja V
Saam met lewensmaat
5.0
Ons verblyf was lekker so altyd. 2de keer by Beach Club 504. Baie heerlik! Kom bly elke jaar by Diaz Strand en Beach Club, ons gunsteling verblyf.
Mrt 2025
Hannes V
Saam met lewensmaat
5.0
Kan nie wag om weer te gaan nie. Skitterende verblyf, uitstekende ligging, vriendelike en behulpsame eienaars, en waarde vir geld.
Feb 2025
Adele B
Saam met lewensmaat
5.0
Amazing getaway. Beach Club 504 has everything you need for an amazing getaway. Will definitely visit again!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2024
Jacques R
Gesin met tieners
4.8
Pragtige seefront eenheid wat baie ruim is en luuks toegerus is! Pragtige eenheid op Diaz Strand!
Jul 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

5/5

Zelda Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 14

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Beach East Boulevard Die Voor Bay, Diaz Beach, Mossel Bay, 6506, Wes-Kaap
  • Gaste dink Beach Club 504 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 500
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R 1 500
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Beach East Boulevard Die Voor Bay, Diaz Beach, Mossel Bay, 6506, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0c9f30445fa886f735f4b3aeec1647e4048c1d6585c363b177e2ccc69e6126f3aac2efbc0ff7edf688355ab7b8a0a45d25f7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag (plek vir 6) 12 5 1 5 Beach East Boulevard Die Voor Bay Diaz Beach 6506 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-18:00 10:00 -34.158468849219 22.109136838533

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang