Successfully reported
+61

Beach Road Accommodation

  • Kapasiteit: 7 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 146 Beach Road, Melkbosstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Vanaf R900 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Beach Road Accommodation is ‘n lieflike strandfronteiendom in Melkbosstrand. Die huis is lekker by die strande en restaurante, met net 'n straat tussen die huis en die strand.

Verblyf word in 3 eenhede aangebied wat almal deel is van die hoofhuis en 2 van hulle het hulle eie privaat ingange. Die derde eenheid is verbind aan die Dreamy Beach Room en het 'n dubbel- en enkelbed en 'n badkamer met 'n stort en 'n toilet. Die 2 kamers saam is perfek vir 'n gesin of klein familie.

Let asb. dat daar net een ingang na die tweede kamer is en dit is deur die hoofslaapkamer.

Beachview Cottage is aan die agterkant van die huis. Daar is 'n dubbelbed en 'n klein badkamer met 'n stort. Geriewe sluit 'n TV met DStv-kanale, gratis WiFi en 'n kombuisie met 'n yskas, mikrogolfoond, ketel, breekware en eetgerei in. Hierdie eenheid het nie 'n stoof nie. Die eenheid is ideaal vir 2 gaste. Handdoeke en katoenlinne word voorsien en parkeerplek is op straat oorkant die huis beskikbaar.

Dreamy Beach Room is ‘n luukse eenheid by strandfront met ‘n privaat stoep en 'n fantastiese see-uitsig. Die kamer het ‘n koningingrootte-bed, kaggel en ‘n badkamer met ‘n stort en bad. Egiptiese linne en handdoeke word voorsien. Daar is ook ‘n TV met DStv, gratis WiFi, lessenaar, en 'n kombuisie met 'n yskas, mikrogolfoond, ketel, eetgerei en breekware. 'n Draagbare braai kan voorsien word. Daar is parkeerplek in die straat oorkant die kamer. Die WiFi, TV en 1 lig werk tydens beurtkrag.

Family Tides is 'n ekstra kamer met 'n badkamer wat net met Dreamy Beach Room gekombineer kan word. Daar is 'n dubbelbed en 'n enkelbed met slaapplek vie 3 gaste. Die badkamer het 'n stort en 'n bad. Katoenlinne en handdoeke word voorsien. Geriewe sluit gratis WiFi in.

Daar is talle restaurante en koffiewinkels stapafstand vanaf die kamer in dieselfde straat.

Doendinge in die omgewing swem, vlieërbranderry, branderplankry, sandplankry, bootry, perdry, voetslaan en gholf in.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Mooi uitsig
Openbare vervoer naby
Vervoerdienste

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 88 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Soldene S
Saam met lewensmaat
5.0
Ronel was baie gasvry, plekkie net wat ons nodig gehad het. Sal beslis weer gaan. Baie lekker gebly.
Okt 2025
Ronel R
Saam met lewensmaat
5.0
Lovely and relaxing. Amazing place to stay at, so peaceful and relaxing. Home away from home.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2025
Tolla. G
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig. Met die see voor jou vergeet jy van alles.
Sep 2025
Henk H
Saam met lewensmaat
5.0
Naby alles maar ook ver genoeg om privaat te wees. Baie lekker gebly. Hou van die besige en beweging van mense.
Mei 2025
Quinton H
Saam met lewensmaat
5.0
Just so great. Perfect place for a getaway.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Ronel Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 88

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 146 Beach Road, Melkbosstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink Beach Road Accommodation het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 900
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 900
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 7 volwassenes
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 146 Beach Road, Melkbosstrand, 7441, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAANbLFIkivZKJvNhdoCjkK5FthQPF74Q34eCqFtefTTUKlpstki5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag, vir 2 mense 88 5 1 5 146 Beach Road Melkbosstrand 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 11:00 -33.720618535896 18.444438278675

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang