Beachcomber Bay
- Kapasiteit: 18 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 75 Marine Drive, Ramsgate, Margate, 4285, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 400 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Beachcomber Bay is 'n mediterreense-styl gastehuis wat versier is in 'n Afrika-tema. Dit is op die grens van Margate en Ramsgate geleë met 'n uitsig oor die warm Indiese Oseaan. Hierdie rustige ligging is minder as 10 minute se stap na die middel van Margate - ideaal vir sakereisigers én vakansiegangers.
Elke kamer het 'n privaat ingang en 'n en suite-badkamer. Daar is geriewe soos 'n TV met sekere DStv-kanale, yskassie, waaier (kamer 1 is die enigte kamer wat lugversorging het), koffie- en teemaakgeriewe en badkamerbenodighede (seep, sjampoe, lyfroom en stortjel).
Daar is gratis WiFi, 'n koordlose weerstasie en 'n klein biblioteek. 'n Jacuzzi is ook beskikbaar vir gaste om te gebruik. Ons het 'n JoJo-tenk op die perseel, vir onbelemmerde watertoevoer en 'n kragopwekker sodat beurtkrag ons nie beïnvloed nie.
Daar is 'n privaat pad van die gastehuis af wat gaste direkte toegang gee tot die strand. Neem asseblief kennis dat daar honde op die perseel is. Die gastehuis is binne maklike bereik van 8 PGA-gegradeerde gholfbane, insluitend Selborne-, Southbroom-, San Lameer- en die Wild Coast Sun Gholfklub. Menigte doendinge en 'n verskeidenheid restaurante is maklik bereikbaar.
Gaste kan vriendelike gasvryheid, persoonlike diens en heerlike ontbyte by Beachcomber Bay geniet.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Heinz & Linda Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 52
Op LekkeSlaap 16 jaar
Ligging
- 75 Marine Drive, Ramsgate, Margate, 4285, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Beachcomber Bay het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 18 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 75 Marine Drive, Ramsgate, Margate, 4285, KwaZulu-Natal
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang