Successfully reported
+23

Beachfront @ Driftwood

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 56B Compensation Beach Road, Unit 6 Driftwood, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 900 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Beachfront @ Driftwood is 'n moderne selfsorgwoonstel in die veilige Driftwood-kompleks, op die bekende Ballito-promenade langs 'n swemstrand in Clarkebaai. Hierdie gesinswoonstel is ideaal vir 'n vakansie en laat gaste toe om hulle eie stukkie paradys te geniet. Die Driftwood-kompleks is lekker naby plaaslike winkels, restaurante en vermaak.

Dié woonstel spog met 'n see-uitsig, het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 ruim slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -sitarea. Die hoofslaapkamer het lugversorging, 'n plafonwaaier, 'n koningingrootte en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die slaapkamer het ook 'n see-uitsig en 'n skuifdeur wat na die balkon lei. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Albei slaapkamers het plafonwaaiers en hulle deel 'n badkamer wat 'n bad, 'n stort, 'n toilet en 'n wasbak het.

Die moderne kombuis spog met gehalte-afwerkings en -toebehore en is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, wasmasjien en 'n toonbank met stoeltjies toegerus. Die eetarea het 'n plafonwaaier en 'n etenstafel met stoele vir 6, en die sitarea het gemaklike sitplek en 'n plafonwaaier.

Die leefarea lei na 'n groot balkon met 'n buite-etenstafel, 2 sonstoele en gas- en houtskoolbraaigeriewe waar gaste lekker kan kuier.

'n Veilige toesluitmotorhuis is direk oorkant die eenheid beskikbaar. Let op dat die eenheid met 'n paar trappies bereik word. Die Driftwood-kompleks bied ook 'n gemeenskaplike swembad en 'n tennisbaan.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Braai

Ligging

  • 56B Compensation Beach Road, Unit 6 Driftwood, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 900
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 900
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R 1 900
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 56B Compensation Beach Road, Unit 6 Driftwood, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9fee4472369d9a010088fb111274ce3e3b17b34acb4e5149516c629549a208bb0af69eb5b9b817edfbce64625782100108c5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 900 per nag (plek vir 6) 56B Compensation Beach Road Unit 6 Driftwood 4399 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.540623945576 31.218590038856
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang