Beachfront @ Stilbaai
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 44 Gordon Street, Still Bay East, Still Bay, 6674, Wes-Kaap
- Vanaf R5 000 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Beachfront @ Stilbaai is 'n pragtige vakansiehuis op die onderste verdieping van die eienaar se huis in die bekende area van Stilbaai-Oos. Dit is ideaal vir 'n gesinsvakansie of 'n groep vriende aangesien dit net 50 m van die Blouvlagstrand af is en gaste net oor die duine kan stap met 'n sambreel en sonroom.
Die pragtige eiendom bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 en suite-slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en instapstort. Die ander 3 slaapkamers het elk 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Twee van hierdie slaapkamers het elkeen 'n aparte ingang van buite af. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie strandhanddoeke saambring.
Die leefarea het 'n oopplan-ontwerp en die kombuis is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, koffiemasjien, ysmasjien, eetgerei, breekware en 'n etenstafel met 8 stoele toegerus. Die waskamer het ook 'n wasmasjien. Die kombuis lei na 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met volledige DStv. Gratis WiFi is beskikbaar. Hierdie huis maak van sonkrag gebruik en ervaar nie beurtkrag nie.
Daar is ook 'n binnebraai-area met gemaklike sitplek. Op warmer dae kan gaste die lieflike boma-area met braaigeriewe en 'n sambreel benut. Let asb. dat hierdie huis nie 'n see-uitsig het nie aangesien dit agter 'n duin skuil. Die huis is wel naby lieflike staproetes, winkels en restaurante.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Roche Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 9
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- 44 Gordon Street, Still Bay East, Still Bay, 6674, Wes-Kaap
- Gaste dink Beachfront @ Stilbaai het ’n uitstekende ligging
Toeganklikheid
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 44 Gordon Street, Still Bay East, Still Bay, 6674, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang