Beachfront Cabanas
- Kapasiteit: 11 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: 11 Seafront Drive, Winklespruit Beach, 4126, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 040 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Beachfront Cabanas is in Winklespruit-strand in Amanzimtoti geleë. Amanzimtoti is 'n kusdorpie net suid van Durban in KwaZulu-Natal. Dié dorpie is wyd bekend vir sy beeldskone strande, en as 'n snorkel- en branderplankry-mekka. Dis die ideale wegbreekplek vir gaste wat op soek is na 'n luilekker vakansie.
Ons bied verblyf in 4 luukse selfsorgwoonstelle. Ons het heerlike strandvakansieverblyf net 30 m vanaf die hoofswemstrand. Die eenhede is elkeen volledig toegerus en het elkeen slaapplek vir 2 gaste. Elke oopplan-woonstel het gemaklike sitplek, 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale, lugversorging, 'n waaier, en 'n oopplan-balkon. Twee van die eenhede het 'n volledige see-uitsig. Die kombuise is toegerus met al die moderne geriewe insluitend 'n yskas, mikrogolfoond, tweeplaatstoof, breekware en eetgerei.
Daar is ook 'n swembad op die perseel en daar is braaigeriewe langs die gebou. Ons het parkeerplek vir ons gaste.
Die omgewing bied 'n wye verskeidenheid winkels en restaurante. Ons is na aan die hoofswemstrand in Winkelspruit en net 30 km vanaf Durban geleë.
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Betty Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 57
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- 11 Seafront Drive, Winklespruit Beach, 4126, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Beachfront Cabanas het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 11 volwassenes
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: 11 Seafront Drive, Winklespruit Beach, 4126, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang