Successfully reported
+51

Beachfront Garden Cottages

  • Kapasiteit: 22 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 17 Green Point Drive, Clansthal, 1470, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 750 per nag (plek vir 6)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Beachfront Garden Cottages bied gerieflike seefront-verblyf in 2 selfsorgkothuise en 'n luukse hoofhuis. Die verblyf is op die pragtige Clansthal-strand geleë en is net 1,1 km se ry na Scottburgh.

Die eerste kothuis front na die see, bied slaapplek aan 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, ingeboude kaste, bedlampies en 'n elektroniese kluis. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, ingeboude kaste en bedlampies langs die bed. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en ingeboude kaste. Die badkamer het 'n stort, wasbak, grimeerkas en toilet. Dit is rolstoelvriendelik.

Die tweede kothuis front na die see en bied slaapplek aan 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, ingeboude kaste, bedlampies langs die bed en 'n elektroniese kluis. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, ingeboude kaste en bedlampies langs die bed. Die derde slaapkamer 'n stapelbed en ingeboude kaste. Die badkamer het 'n stort, wasbak, grimeerkas en toilet. Dit is rolstoelvriendelik.

Elke kothuis het 'n sitkamerstel en 'n platskerm-TV met volledige DStv. Die oopplan-kombuis het granietblaaie en is toegerus vir selfsorg met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolf, die nodige kookgerei, 'n elektriese braaipan, eetgerei, 'n ketel en broodrooster. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie strandhanddoeke saambring. Elke kothuis het sy eie onderdakparkeerplek en gaste mag ook langs die kothuis parkeer.

The Luxury Beach House is direk op die strandfront geleë en bied slaapplek aan 10 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede kamer het 'n dubbelbed, koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die derde kamer het 'n dubbelbed, koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Daar is 'n ekstra gastetoilet. Elke kamer het lugversorging, WiFi en 'n TV waarop Apple TV afgelaai is. Die kombuis is vir selfsorg toegerus en daar is gefilterde water op die perseel. Die oopplan-sitarea het skuifdeure van aliminium. Die huis het ook 'n toegewyde enkelmotorhuis vir 'n mediumgrootte-voertuig. Linne en handdoeke word voorsien.

Albei kothuise en die hoofhuis deel dieselfde gemeenskaplike area wat 'n stoep met ingeboude braaigeriewe insluit. Daar is ook 'n geteëlde buitestort sodat gaste strandsand kan afwas, ingeboude dwarslêers met tafelblaaie langs die stoepmuur en 'n grasperk met 'n uitsig oor die strand. Op die grasperk staan 2 geteëlde, ronde sementtafels met stoele en 'n piekniektafel met sitplek vir 6 wat van herwinde plastiek gemaak is. Dit is die ideale plekkie om te ontspan, maaltye te nuttig of 'n skemerkelkie te klink. Daar is 'n gemeenskaplike wassery op die perseel met 2 wasmasjiene en 'n tuimeldroër.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 10 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.3
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Shelley L
Gesin met klein kinders
5.0
The number outside and address on website not the same. Everything perfect. Bathrooms not to smart. Very old. I feel that there should ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2024
Maritza V
Gesin met klein kinders
5.0
Sal weer inboek. Ons het baie pret gehad.
Sep 2024
Heidi H
Gesin met tieners
5.0
It was pleasant and so convenient. We will definitely book there again. It was truly the best Easter weekend. Highly recommend.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2024
Natasha E
Gesin met klein kinders
4.8
Incredible. Lovely, refreshing, relaxing.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2025
Sheldon F
4.8
Baie lekker. Ons het baie pret gehad en Patience was baie behulpsaam.
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Hans Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 10

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • 17 Green Point Drive, Clansthal, 1470, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Beachfront Garden Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 750
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 750
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R 1 750
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Kapasiteit: 22 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 17 Green Point Drive, Clansthal, 1470, KwaZulu-Natal
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA56ec091072ea2cc98c1d5da96f8a3f8c888f0a43c2c6706501c9ea21d2acf3265ac8056959a3eb986d0a2d5bd937832965ad?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 750 per nag (plek vir 6) 10 5 1 5 17 Green Point Drive Clansthal 1470 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.241313975551 30.783134852779

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang