Beachouse on Gordon
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 68 Gordon Street, Stilbaai East, Stilbaai, 6675, Wes-Kaap
- Vanaf R3 000 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Beachouse on Gordon is 'n selfsorghuis op die duine op die hoofstrand, net 50 m vanaf die strand, in Stilbaai-Oos.
Die dubbelverdiepinghuis bied slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers, 'n kombuis, 'n eetarea en 'n groot leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, wasbak en 'n toilet. Daar is nog 2 slaapkamers op die grondverdieping waarvan een 'n dubblebed het en die ander 2 enkelbeddens het. Hierdie 2 kamers deel 'n badkamer met stort, wasbak en toilet. Op die boonste verdieping is die leefarea, eetarea, kombuis en die vierde slaapkamer wat 'n dubbelbed het. Hierdie kamer het 'n badkamer met stort, wasbak en toilet.
Die kombuis is met 'n elektriese stoof en oond, mikrogolfoond, induksiestoofplaat, 2 yskaste, 'n vrieskas, skottelgoedwasser en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is 'n etenstafel.
Die sitarea het 'n TV en lei na die dek waar daar braaigeriewe, 'n uitsig oor die omgewing en 'n gedeeltelike uitsig oor die see is. DStv en WiFi is ook beskikbaar op versoek. Die hele boonste verdieping het 'n pragtige onbelemmerde uitsig oor die see. Aan die see se kant is daar 'n klein dek waar gaste die see-uitsig kan geniet.
Daar is ook 'n waskamer met 'n wasmasjien en tuimeldroër op die grondverdieping.
Aktiwiteite soos branderplankry, visvang, swem, kano vaar, walviskyk tussen Julie en November, gholf en staproetes is gewild in Stilbaai. Besienswaardighede in die omgewing sluit die palings by die toerismeburo, die historiese rotspoelvisvalle, die Anglo-Boereoorlog-gedenkteken en die Blombos Museum van Argeologie in. Gaste kan ook die verskeie natuurreservate in die omgewing besoek.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Arnel Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 11
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- 68 Gordon Street, Stilbaai East, Stilbaai, 6675, Wes-Kaap
- Gaste dink Beachouse on Gordon het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 68 Gordon Street, Stilbaai East, Stilbaai, 6675, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang