Beachside Bliss
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: 125 Dassen Island Drive, Yzerfontein, 7531, Wes-Kaap
- Vanaf R4 500 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Beachside Bliss bied gerieflike verblyf by die see met 'n asemrowende see-uitsig in Yzerfontein. Hiér sal gaste met die branders se gedruis in die agtergrond behoorlik ontspan.
Die huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, lugbraaier, mikrogolfoond, eetgerei en breekware toegerus. Die leefarea het 'n etenstafel, braaigeriewe, gemaklike sitplek en 'n TV.
Die huis is reg oorkant die strand geleë en is ideaal vir gaste wat hou van swem, stap, fietsry, voëlkyk en perdry op die 16 myl-strand. Volstruise kom besoek ook soms die area. Yzerfontein spog met uitstekende restaurante, kroeë, heerlike gebak by Rosemead Bakery, en nabygeleë wynplase.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.2/5
Rochelle Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 125 Dassen Island Drive, Yzerfontein, 7531, Wes-Kaap
- Gaste dink Beachside Bliss het ’n goeie ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: 125 Dassen Island Drive, Yzerfontein, 7531, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang