Successfully reported
+10

Crane Cottage @ Beacon Vlei Gasteplaas

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Beacon Vlei Guest Farm, B3 D144, Balgowan, 3275, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R2 150 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Crane Cottage @ Beacon Vlei Guest Farm is 'n Ou-Natalse-styl-kothuis op Beacon Vlei Guest Farm en skuil in die hartjie van die KwaZulu-Natalse Middellande. Daar is ook 'n rits ander verblyfopsies op die plaas.

Die kothuis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers wat elk 'n koninggrootte-bed en en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet het. Daar is ook 'n dubbelslaapbank in die sitarea. Linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Dit lei na 'n eetarea en 'n sitarea met gemaklike rusbanke, 'n kaggel en 'n TV met DStv.

Die kothuis lei na 'n stoep met sitplek, braaigeriewe en 'n uitsig oor die privaat dam. Die dam- en vleilandgebied is die tuiste van honderde pragtige voëlspesies en wild soos duikers, rietbokke, bosbokke, tierboskatte, rooikatte, ystervarke en wilde varke.

Gaste kan stap, baarshengel, voëlkyk, bootry en piekniek op die plaas. Ander aktiwiteite in die omgewing sluit bergfietsry, perdry, boomtoptoere, slagveldtoere en valskermsweef in.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 1 Leefarea 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Leefarea

2

1 x Dubbelslaapbank

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
DStv
Kaggel
Braai

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 63 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.6
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Colette Anne L
Saam met vriende
5.0
We really enjoyed our stay and look forward to when we return again. The location is very convenient and close to most places in the KZ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2025
Albert V
Gesin met tieners
5.0
Heerlik gerus in die hartjie van die Midlands. Baie gerieflike huisie teen die dam. Wonderlike uitsig en stilte om lekker te kan ontspan. Eenheid is g...
Sien meer
Jul 2025
Cora M
5.0
Heerlik met mooiste uitsig! Dit was heerlik, is sentraal geleë om die Midlands te besoek. Pragtig en ten volle toegeruste akkommodasie. Sal dit enige ...
Sien meer
Des 2024
Bernadine V
5.0
Beauty in Notties. Die plek was skoon en netjies, ons was daar vir 3 aande as 'n familie vir 'n troue! Hulle het elke dag kom skoonmaak en die vuurple...
Sien meer
Jun 2024
Andre H
Saam met vriende
4.6
Lekker kuier plek. Baie goeie waarde vir geld en ons het baie lekker gekuier voor die kaggel. Vuurmaak hout is bietjie duur.
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Alexander Geverifieer

Eiendomme 5

Resensies 69

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Beacon Vlei Guest Farm, B3 D144, Balgowan, 3275, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Crane Cottage @ Beacon Vlei Gasteplaas het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 150
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 150
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R 2 150
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Beacon Vlei Guest Farm, B3 D144, Balgowan, 3275, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA60bcb39b477f27c69c629e10b95d80dd1df010448dbb85da41fe651bb61b111c2eeeefd89463af0e36211c0aa04d98924aea?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 150 per nag (plek vir 6) 63 5 1 5 Beacon Vlei Guest Farm, B3 D144 Balgowan 3275 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -29.385799630593 30.056129175949

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang