Successfully reported
+15

Beagle's Inn

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
    3 volwassenes, 1 kind
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 6 Kiewiet Street, Ceres, 6835, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 000 per nag, vir 3 mense

Beskrywing

Beagle's Inn is 'n privaat tuinkothuis met 'n aparte ingang wat op die eienaar se perseel in die rustige dorpie Ceres geleë is en is ideaal vir oornagverblyf.

Hierdie eenheid kan 'n maksimum van 3 volwassenes en 1 kind op 'n slag akkommodeer en beskik oor 'n dubbelbed, 'n enkelbed sowel as 'n enkelmatras. 'n Instapstort, wasbak en toilet is in die badkamer beskikbaar. Alle linne en badhanddoeke word voorsien. Die eenheid het 'n lugversorging, plafonwaaier en verwarmer.

In die eenheid is gemaklike sitplek vir 4 gaste asook 'n kombuis toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, 2-plaatstoof, elektriese braaipan, lugbraaier, broodrooster, 'n 2-sitplek ontbyttoonbank asook tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is braaigeriewe en die hout word voorsien. 'n Wasmasjien is ook beskikbaar. Vir gaste se vermaak is daar 'n slim-TV met 'n volledige keuse van DStv-kanale asook WiFi-toegang.

Buite die eenheid het gaste toegang tot die swembad op die perseel asook braaigeriewe. Gaste kry veilige parkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

4

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Dubbelbed

1 x Kindermatras vir 1

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Stroomdienste
Braai
Vuurmaakhout
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 107 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Jolanda R
Saam met lewensmaat
5.0
Good. The stay was lovely. Our little dogs were secure and there was a lovely park a stone's throw away.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2025
Romick Pearl V
Saam met lewensmaat
5.0
Baie ontspannend, rustig, skoon en swembad was 'n bonus. Gasheer en vrou was baie gasvry. Alles was byderhand. Ons het dit baie geniet. Stil, rustige ...
Sien meer
Sep 2025
Maryka B
Saam met lewensmaat
5.0
My kuier was baie goed ek sal Beagle's Inn aan enige een aanbeveel. Dit was fantasties in Beagle's Inn, die moeite werd. Eienaar en sy vrou was gasvry...
Sien meer
Aug 2025
Anja C
Gesin met klein kinders
5.0
Gerieflik en netjies. Alles wat jy nodig sal hê. Baie rustig. Netjies en skoon.
Aug 2025
Marleen F
Saam met lewensmaat
5.0
Ons is baie gasvry ontvang. Alles was skoon en netjies! Ja - alles was skoon en netjies.
Aug 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Etienne Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 107

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • 6 Kiewiet Street, Ceres, 6835, Wes-Kaap
  • Gaste dink Beagle's Inn het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 000
per nag, vir 3 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag, vir 3 mense
Vanaf
R 1 000
per nag, vir 3 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
    3 volwassenes, 1 kind
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 6 Kiewiet Street, Ceres, 6835, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA952c9dd49619da4bf5f2679c27eb1bc84e29e3127727c9b609fb9fe078a5f3375191881da9450db1f4928bee7bfda994a1d9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 3 mense 107 5 1 5 6 Kiewiet Street Ceres 6835 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.360680533909 19.298965245369
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang