Successfully reported
+53

Beetleloop Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 25 Beetle Walk, Ext21, Mbombela (Nelspruit), 1200, Mpumalanga
  • Vanaf R1 320 per nag (plek vir 1)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Beetleloop Guest House is in die hartjie van Mbombela (Nelspruit) geleë, en tog op die randjie van 'n natuurreservaat. Beetleloop Gastehuis sal jou sintuie bekoor met sy rustigheid, prag en ontspanne Afrika-atmosfeer.

Akkommodasie word gebied in verskeie ruim selfsorg-gesinskothuise en -houthutte, sowel as groot, luukse gesinskamers en kleiner sakpaskamers. Elke kamer het 'n en suite-badkamer, gehaltelinne en -beddens, 'n wonderlike reeks Healing Earth-geriewe, lugversorging, gratis WiFi en ander geriewe om gaste se verblyf gemaklik te maak.

Die gastehuis bied heerlike ontbyt wat vooraf bestel kan word met aankoms, sowel as tuisgemaakte aandetes op versoek. Voorbereide etes kan ook gereël word.

Die perseel bied ook veilige parkeerplek met 24 uur-sekuriteit en 'n privaat lapa met braaigeriewe.

Hier sal jy algehele rus en vrede vind, ongeag die rede vir jou besoek aan Mbombela (Nelspruit). Inheemse bome lok 'n verskeidenheid voëls wat 'n fassinerende en ontspanne ervaring waarborg vir die voëlkyk-entoesias. Kleiner soogdiere soos ystervarke, muishonde en klein bokkies en nagapies met dik sterte mag dalk ook hier rond gewaar word.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 13 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.7
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Viki R
Saam met lewensmaat
5.0
Highly recommend. Lovely guesthouse in a quiet, peaceful location.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2025
Henry V
Saam met lewensmaat
5.0
Great! I will consider it again in the future. We had a great stay, very nice and clean, and the area is safe and secure. It made our s...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2025
Barend B
Gesin met klein kinders
5.0
Uitstekend. Het elke aspek van die verblyf geniet, veral die ontbyt die volgende oggend.
Mrt 2025
Tino P
Gesin met klein kinders
4.8
Rustig, natuurprag, stilte. Wonderlike verblyf omring deur die natuur.
Jun 2024
Jacques M
Saam met lewensmaat
4.8
Netjies, gemaklik en veilig. Ons was baie van die perseel af en het eintlik net gebruik om te slaap. Toegang tot die perseel was altyd maklik gemaak m...
Sien meer
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Rina Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 13

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • 25 Beetle Walk, Ext21, Mbombela (Nelspruit), 1200, Mpumalanga
  • Gaste dink Beetleloop Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 320
per nag (plek vir 1)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 320
per nag (plek vir 1)
Vanaf
R 1 320
per nag (plek vir 1)
Bespreek
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 25 Beetle Walk, Ext21, Mbombela (Nelspruit), 1200, Mpumalanga
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7f0913bf440cececb67579a7e4b55cf05a7d0a1771603e3c6361b70c51dcfa525c22692b6bb69c0db61dce7389a7d2015bc9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 320 per nag (plek vir 1) 13 5 1 5 25 Beetle Walk Ext21 1200 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -25.499437688281 30.99046317791

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang