Successfully reported
+18

Berghut @ Kruisrivier Guest Farm

Selfsorg
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Off the N1, Farm Kruis Rivier, Montagu, 6720, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 280 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Berghut @ Kruisrivier Guest Farm bied lieflike selfsorgverblyf wat afgesonder is op 'n plaas net buite Montagu. Dit is 'n goeie opsie vir 'n paartjie of 'n alleenreisiger wat die stad se gewoel wil ontsnap.

Dié kothuis bied gerieflike slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 'n oopplan-ontwerp. Dit is ingerig met 'n dubbelbed en het 'n buitebadkamer met 'n warmwaterstort, wasbak en toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.

Hierdie kothuis het ook 'n kombuisie wat toegerus is met 'n gasplaat, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Dié spasie het ook 'n kaggel en 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet.

Hierdie kothuis het geen elektrisiteit nie; lanterns word egter voorsien vir lig. Neem asseblief kennis dat die eenheid nie 'n TV het nie, en die plaas het nie selfoonontvangs nie. Buite is daar 'n onderdakstoep met sitplek waar gaste 'n oggendkoffie of 'n skemerkelkie kan geniet terwyl hulle braai.

Kruisrivier Gasteplaas bied 'n verskeidenheid doendinge soos visvang, bergfietsry, swem in die dam en voëlkyk. 'n Verskeidenheid diere kan gesien word soos skilpadspesies, springbokke, elande, Swartwildebeeste, Rooihartebeeste, steenbokke en meer as 180 voëlspesies.

Verskeie staproetes kan ook op die plaas gevind word, en gaste is welkom om hul vierwielmotorfietse saam te bring met vooraf reëlings. Troeteldiere is ook welkom met vooraf reëlings. Wildritte is beskikbaar teen 'n ekstra koste per uur.

Kamer-opset

1 Leefarea 1 Badkamer

Leefarea

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Troeteldiere op versoek
Volledige kombuis
Braai

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Deon Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 8

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Off the N1, Farm Kruis Rivier, Montagu, 6720, Wes-Kaap
  • Gaste dink Berghut @ Kruisrivier Guest Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 280
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 280
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 1 280
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Off the N1, Farm Kruis Rivier, Montagu, 6720, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd470a3c522f66c8c88e43399cc5323af20a2dbc2c22702eb0bd8883423d58f4d9fe35e35a06827a91a410c12886726ecc867?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 280 per nag (plek vir 2) 1 5 1 5 Off the N1 Farm Kruis Rivier 6720 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.496351 20.336619
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang