Successfully reported
+23

Bergland Vakansiehuis

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 19 Bergland Street, Glentana, Outeniqua Beach, Groot Brak River, 6525, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 300 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Bergland Vakansiehuis is in Outeniquastrand, Groot-Brakrivier geleë en bied gehalteverblyf vir 'n gesin of 'n groep vriende. Dit is lekker naby talle winkels, restaurante, die strand, aktiwiteite en besienswaardighede. Hierdie huis het sonpanele en 'n omsetter en word nie deur beurtkrag geraak nie.

Die huis is op 'n woonerf geleë, beskik oor 3 slaapkamers en het slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens en die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Die tweede badkamer het 'n bad, stort, toilet en wasbak. Al 3 slaapkamers het hul eie TV.

Die kombuis is met 'n gasstoof en elektriese oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, ysmasjien, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus. Daar is ook 'n opwaskamer met 'n wasmasjien, tuimeldroër en strykgeriewe.

Die sitkamer het gemaklike rusbanke, 'n TV met DStv, en 'n eetarea met genoeg sitplek waar gaste saam hulle maaltye kan geniet. Gaste kan ook van die gratis WiFi gebruik maak. Die huis het 'n omskakelaar en sonpanele en ervaar nie beurtkrag nie.

Daar is 'n lieflike onderdakbalkon met 'n tafel, stoele en Weberbraaigeriewe met 'n pragtige see-uitsig.

Daar is veilige dubbel-onderdakparkeerplek by die eenheid op die perseel.

Bergland Vakansiehuis is op die Tuinroete geleë. Gaste kan Oudtshoorn toe ry vir 'n besoek aan die Kangogrotte en volstruisplase. Baie wynplase en aarbeiplase kan ook in die omgewing besoek word.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Mooi uitsig
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Braai
Vuurmaakhout
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 33 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Herma R
Saam met vriende
5.0
Surpassed all our expectations. Best place we have ever stayed! We spent three wonderful days there. The unit is very clean, well equip...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2025
Sandra R
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was 'n droomvakansie en Ina is 'n besondere gasvrou! Dit was 'n droomvakansie om in Ina se huis tuis te gaan! In hierdie huis ontbreek niks nie en...
Sien meer
Sep 2025
Marne P
Saam met vriende
5.0
Dis die bes toegeruste huis waarin ek nog ooit gebly het. Ons het heerlik gebly.
Apr 2025
Gerrit D
Gesin met tieners
5.0
Ons het heerlik gekuier en sal Bergland beslis aanbeveel. Pragtige verblyf, met alles wat mens nodig het! Ina dink werklik aan alles en het ons tot be...
Sien meer
Apr 2025
Juanita S
4.8
Bergland Vakansiehuis het al ons verwagtinge oortref! Bergland Vakansiehuis het al ons verwagtinge oortref! Pragtig en stylvol gemeubileer en die huis...
Sien meer
Feb 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

INA Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 33

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • 19 Bergland Street, Glentana, Outeniqua Beach, Groot Brak River, 6525, Wes-Kaap
  • Gaste dink Bergland Vakansiehuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 300
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 300
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R 2 300
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 19 Bergland Street, Glentana, Outeniqua Beach, Groot Brak River, 6525, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA022a3b136f3930575bec7c92ca1e88746bf8a867bc3f7664af63d1a97aa224976886db306d607406b7eacbae2367f52aaf0e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 300 per nag (plek vir 6) 33 5 1 5 19 Bergland Street Glentana, Outeniqua Beach 6525 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 09:00 -34.048577064954 22.291162711595

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang