Successfully reported
+16

Big Five Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 27 Atwell Madala Street, Northcrest, Mthatha, 5099, Oos-Kaap
  • Vanaf R790 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Big Five Guest House is geleë in Northcrest, 'n stil woonbuurt in Mthatha. Die gastehuis is ideaal vir sakereisigers en gesinne wat op soek is na wegbreek. Ons is sentraal geleë ten opsigte van die lughawe, restaurante en winkels. Geniet 'n heerlike Engelse ontbyt en maak gerus gebruik van die veilige parkeerplek.

Elkeen van ons dubbelkamers het en suite-badkamers. Elke kamer is toegerus met 'n koningingrootte-bed, 32" LCD-TV met plaaslike satellietkanale, komplimentêre koffie- en teemaakgeriewe, ingeboude kaste, 'n haardroër, gratis toiletware, lugversorging en 'n elektroniese kluis. Die badkamers is geteël en het baddens of storte en 'n wasbak. Nuttig 'n heerlike Engelse ontbyt in die eetkamer of op die sondek na 'n soete nagrus.

Ons geriewe sluit 'n volledige Engelse ontbyt wat gemaak word na gelang van jou behoeftes en bedien word in die eetkamer met sy Afrika-tema in. Piekniekmiddagetes is beskikbaar op versoek. Aandete kan op versoek genuttig word op die sondek. Ons bied ook braaigeriewe, 'n wasgoeddiens; druk- en faksfasiliteite, WiFi, veilige parkeerplek, 'n pendeldiens na en van die lughawe, brosjures, kaarte en komplimentêre koffie, tee en sap.

Big Five Guest House bied persoonlike diens, puik aandag aan detail, uitstekende waarde vir geld en gehalte. Die gastehuis bied ook gerieflike toegang tot die SSG, winkelsentrums, sportstadions en -geriewe, en die Nelson Mandela Museum en ander besienswaardighede. Ons is ook net 10 minute se ry van die lughawe af.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 9 resensies

Baie goed

Netheid
4.2
Ligging
4.2
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.2
Veiligheid
4.6

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.3/5

Kresen Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 20

Op LekkeSlaap 13 jaar

Ligging

  • 27 Atwell Madala Street, Northcrest, Mthatha, 5099, Oos-Kaap
  • Gaste dink Big Five Guest House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 790
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 790
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 790
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 27 Atwell Madala Street, Northcrest, Mthatha, 5099, Oos-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDRlMDA0OTIwLWFkNjMtNDE1Yy04MzlhLTQ1YzNhZGUxZWY0Mg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R790 per nag, vir 2 mense 9 5 1 5 27 Atwell Madala Street Northcrest 5099 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -31.567120972805 28.793720304966
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang