Successfully reported
+15

Blaauwheim Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 22 Bakkerskloof Road, Jonkershoogte, Somerset West, 7130, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 600 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Blaauwheim is 'n eksklusiewe gastehuis in Somerset-Wes en word bedryf deur mede-eienaars Johan en Jo-Anne Blaauw.

Blaauwheim het 'n volledige sonkragstelsel en ononderbroke elektrisiteit, internet en WiFi is verseker.

Blaauwheim bied verblyf in 2 luukse suites, Pinotage en Chardonnay, en 'n luukse dubbelkamer, Shiraz. Die suites bestaan uit 'n leefarea, 'n eetkamer en 'n kombuis, 'n ruim slaapkamer met 'n volledige en suite-badkamer, 'n ekstra gastetoilet en 'n balkon/stoep. Daar is volop veilige parkeerplek beskikbaar op die perseel. Die lowerryke tuin spog met 'n versameling broodbome en inheemse geelhoutbome wat deur baie verskillende voëlspesies besoek word. Al 3 die kamers het 'n privaat ingang.

Blaauwheim is in die hartjie van die beroemde Kaapse Wynland geleë, nie ver van die veilige lang strand van die Strand nie en naby Hermanus en sy wonderlike walvisse. Gholfspelers kan kies en keur uit die verskeidenheid gholfbane in die omgewing.

Dis skaars 10 minute se ry tot in Stellenbosch, die land se tweede oudste dorp, en slegs 'n verdere kwartier al met 'n prentjiemooi roete tot by Franschhoek.

Ons omgewing is ook geseën met 'n groot verskeidenheid van die land se top restaurante.

Ontbyt is ingesluit by die tarief en aandete is beskikbaar op versoek met 'n fees van tradisionele Suid-Afrikaanse disse is op die spyskaart. Kies uit potjiekos, snoek, wildsvleisgeregte, brijani, bobotie, ens. Wyn uit ons privaat kelder kan op aanvraag saam met aandete bedien word. Gaste kan self buite braai om die weer te geniet of langs die helder plonspoel ontspan na 'n lang opwindende dag in die pragtige Wes-Kaap.

Ons bied ook WiFi, tee, koffie, parkeerplek en die Muskadel-nagsopie.

Blaauwheim Gastehuis is 'n plek waar vreemdelinge vriende word en vriende huisgenote.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Toeganklik vir kosaflewerings-apps
Vervoerdienste

Ligging

  • 22 Bakkerskloof Road, Jonkershoogte, Somerset West, 7130, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 600
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 600
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 2 600
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 22 Bakkerskloof Road, Jonkershoogte, Somerset West, 7130, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDM5MjAxODQyLTJiZGEtNGNhYy1iMDc3LWFlNDk2YjRmZjA0Nw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 600 per nag, vir 2 mense 22 Bakkerskloof Road Jonkershoogte 7130 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -34.051512720955 18.826741576195
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang