Successfully reported
+40

Black Impala

  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R516, 91 Droogekloof, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Vanaf R2 050 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Black Impala is 'n bos-toevlugsoord op 'n privaat wildsplaas aan die voet van die Waterberge en hiér kan gaste in 'n pragtige, natuurlike en vreedsame omgewing ontspan. Dit is net 7 km vanaf Mabalingwe Natuurreservaat en naby die Mabula-, Zebula- en Elements-gholfbane geleë.

Die tweeslaapkamerhuis bied slaapplek aan 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die aparte badkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, basiese eetgerei, breekware, 'n ingeboude braai en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n eetarea en 'n sitarea met gemaklike rusbanke.

Die leefarea lei na buite waar daar 'n buitestort, boma en 'n plonspoel met 'n uitsig op die Waterberge is. Die boma is 'n tradisionele Afrika-kuierplek en perfek vir sterrekyk en langs die vuur kuier.

Gaste kan op die privaat wildplaas gaan stap en hulle oë vir al die diere wat op die plaas voorkom oophou, soos swartrooibokke, njalas, die diverse en volop voëllewe en tierboskatte.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Stort

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 12 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Stephanie D
5.0
Hidden gem. With just a 2 hour drive, it's the perfect quick escape from the bustle. The hosts were lovely. The place has everything yo...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2025
Danielle O
Gesin met klein kinders
5.0
Lieflike rustige wegbreek. Lieflike verblyf. Salige atmosfeer. Sal beslis weer in die somer gaan.
Jul 2025
Heidrun B
5.0
Pragtige wegbreek in ongerepte natuur. Baie lekker vir voëlkyk! Ons was drie volwassenes en het heerlik by Black Impala gebly. Die huisie is besonders...
Sien meer
Mrt 2025
Ansie R
Gesin met tieners
5.0
Sal vir seker weer gaan! Ons het heerlik gerus in die pragtige unieke plekkie. Kids het heel naweek geswem en met hul fietse rondgery.
Mrt 2025
Therésa N
Gesin met tieners
5.0
Fantasties. Wat 'n ongelooflike lekker ervaring. Die akkommodasie was fantasties en dit het gevoel of jy deel van die veld is.
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Lea Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 109

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • R516, 91 Droogekloof, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink Black Impala het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 050
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 050
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 2 050
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R516, 91 Droogekloof, Bela-Bela, 0480, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAaeed9cca6ff8ff75ed57aeb8177d21269ae2cd4f1e97ce245c545e351469762905cdb1fea7a790579dba70ba97a2a418ac12?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 050 per nag (plek vir 4) 12 5 1 5 R516 91 Droogekloof 0480 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -24.87051293819 28.115665912628
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang