Blissful Bella Mare Retreat
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 2nd Avenue Bella Mare, Block 15 Unit 14, Summerstrand, 6001, Oos-Kaap
- Vanaf R1 900 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Blissful Bella Mare Retreat is 'n moderne selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Summerstrand, Gqeberha (Port Elizabeth). Dit is die ideale plek vir 'n gesin of 'n groep vriende wat op soek is na 'n wegbreek naby die see.
Dié woonstel het slaapplek vir tot 6 mense en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed, en die 2 oorblywende slaapkamers is elk ingerig met 'n dubbelbed. Die eerste badkamer is toegerus met 'n bad en stort, en die tweede badkamer het 'n stort.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n eetarea en sitkamer wat met 'n rusbank gemeubileer is en beskik oor 'n slim-TV. Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, wasmasjien en tuimeldroër. Tee- en koffiemaakgeriewe en gratis WiFi is beskikbaar. Die skuifdeur maak oop op die balkon met ingeboude braaigeriewe.
Die kompleks is 2 km vanaf Kings Beach, Humewood Beach en Shark Rock Pier geleë. Gaste kan geriewe in die kompleks geniet, soos die kafee, swembad of gimnasiumgeriewe.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.3/5
Shonisani Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 4
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 2nd Avenue Bella Mare, Block 15 Unit 14, Summerstrand, 6001, Oos-Kaap
- Gaste dink Blissful Bella Mare Retreat het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 2nd Avenue Bella Mare, Block 15 Unit 14, Summerstrand, 6001, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang