Successfully reported
+12

Blue Horizon

  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Eersterivier Road, Eersterivierstrand, Oubosrand, 6303, Oos-Kaap
  • Vanaf R4 000 per nag, vir 9 mense

Beskrywing

Blue Horizon is een van die mees uitsonderlike seefront-eiendomme in Tsitsikamma. Hierdie unieke verblyf is op die rotse geleë en elke eenheid het see-uitsigte. Hierdie selfsorghuis bied slaapplek aan 9 gaste in 4 slaapkamers en is die perfekte wegbreekplek vir 'n groep vriende of familie.

Die ingang na Blue Horizon is op die eerste verdieping waar gaste begroet sal word deur 'n outentieke oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetarea wat oor die asemrowende see uitkyk. Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei.

Die sitkamer het 'n kaggel en gemaklike rusbanke asook 'n TV met sekere DStv-kanale. Die eetarea is ingerig met oorgenoeg sitplek waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Gaste kan ook komplimentêre WiFi-toegang geniet.

Die eerste verdieping het 'n groot hoofslaapkamer met skouspelagtige see-uitsigte vanuit die gerief van 'n koninggrootte-bed. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Die boonste verdieping het ook 'n gastetoilet. Op die onderste verdieping is daar 3 slaapkamers wat almal spog met fantastiese see-uitsigte en privaat dekke. Die eerste slaapkamer is toegerus met 2 enkelbeddens. Die tweede slaapkamer het 'n dubbel- en 'n enkelbed, en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Gaste sal ook 3 badkamers op die onderste verdieping vind, 2 met 'n stort en toilet en 1 gastetoilet.

Daar is 2 lieflike braaigeriewe beskikbaar vir gaste se gebruik asook 'n Weber op die dek tydens hul verblyf.

Die strand is 'n entjie se stap weg waar gaste ook die rotspoele en duine kan verken. Die see-uitsigte vanaf elke kamer is skouspelagtig en gaste kan selfs 'n skool dolfyne sien wat in die branders rondploeter terwyl hulle by die venster uitkyk.

Kamer-opset

4 Slaapkamers 5 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Stort

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 26 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Charleigh W
Gesin met klein kinders
5.0
Travel here just for the views! Franette helped us to settle in quickly. The house has everything you can think of that you would need....
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2025
Hannelie K
Gesin met klein kinders
5.0
Onvergeetlike familie naweek en wil teruggaan. Is moeilik om die regte beskrywende woord te vind om die huis met die uitsig te beskryf. Dis asemrowend...
Sien meer
Aug 2025
Chantelle V
Saam met vriende
5.0
Lekker gerus. Stunning huis - gevoel of mens binne in die see bly! Kaggel was heerlik tydens ons verblyf aangesien die weer baie stormagtig was. Alles...
Sien meer
Jul 2025
Annetjie H
5.0
Fantasties. Dit was bo verwagting heerlik met branders in ons ore. Pragtige uitsig met walvisse en dolfyne in die branders.
Jul 2025
Sonia G
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig, beautiful uitsig, privaat. Vreeslik lekker gebly, uitsig beautiful! Uitstekend!
Mrt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Franette Geverifieer

Eiendomme 7

Resensies 137

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Eersterivier Road, Eersterivierstrand, Oubosrand, 6303, Oos-Kaap
  • Gaste dink Blue Horizon het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 4 000
per nag, vir 9 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 4 000
per nag, vir 9 mense
Vanaf
R 4 000
per nag, vir 9 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Eersterivier Road, Eersterivierstrand, Oubosrand, 6303, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA510fd6c5faab788ded4dca0d5212504cd0dc954bd920c68c91af77a815e0d3cd9ea8054fdc07264b18f138121ddf058a483b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 000 per nag, vir 9 mense 26 5 1 5 Eersterivier Road Eersterivierstrand 6303 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.072410618665 24.222717561731

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang