Blue Mountain Bay
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: 47 Freesia Road, Murdock Valley South, Simonstown, 7975, Wes-Kaap
- Vanaf R1 700 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Blue Mountain Bay is geleë in Murdock Valley, Simonstad, op pad na Kaappunt. Dié dorp is bekend vir sy geskiedenis en tradisie, en veral ook vir Boulders Beach met sy bekende pikkewynkolonie. Die woonstel is ideaal vir paartjies, gesinne en reisigers.
Blue Mountain Bay is op die onderste verdieping en daar is permanente huurders op die boonste verdieping. Dit beskik oor 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, 'n handstort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat op versoek as 1 bed opgemaak kan word, en daar is 'n stort, wasbak en 'n toilet in die tweede badkamer. Linne en handdoeke word voorsien.
Daar is 'n oopplan-eetarea en sitarea met 'n TV, DStv en WiFi. Die kombuis is met 'n mikrogolf, yskas-vrieskas, tweeplaatstoof, oond, ketel, breekware en eetgerei toegerus.
Die eenheid bied toegang tot 'n privaat tuin met 'n swembad. Gaste moet asseblief hul eie swemhanddoeke saambring. Die woonstel word deur 'n portaal en speletjiekamer met 'n pool-tafel, bordspeletjies en 'n klein biblioteek van die res van die huis geskei.
Daar is heelwat doendinge in die omgewing soos, bootvaarte, kajak, strande, museums, gholf, visvang en stap.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
James Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 20
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- 47 Freesia Road, Murdock Valley South, Simonstown, 7975, Wes-Kaap
- Gaste dink Blue Mountain Bay het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: 47 Freesia Road, Murdock Valley South, Simonstown, 7975, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang