Successfully reported
+27

Bly in Styl

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 12a Phillip Shiimi Street, Klein Windhoek, Windhoek, Khomas
  • Vanaf R1 500 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Bly in Styl is in Klein Windhoek, Windhoek en bied selfsorgverblyf aan 4 gaste met 'n pragtige uitsig op die Erosberge.

Dié eenheid het 'n privaat ingang, lugversorging en beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer, 'n kombuis en 'n sitarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en daar is 2 enkelbeddens in die leefarea. Die eenheid het 'n privaat badkamer met 'n stort en 'n toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is met 'n Snappy Chef
-kookplaat, mikrogolf, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Ontbyt is beskikbaar op versoek teen ekstra koste.

Daar is WiFi en gaste kan in die sitarea ontspan. Daar is ook TV met DStv en Netflix).

Daar is 'n gemeenskaplike swembad en parkeerplek. 'n Wasgoeddiens, asook 'n skoonmaakdiens is beskikbaar op versoek teen ekstra koste.

Bly in Styl is net 5 km van die middedorp af en Windhoek bied verskeie restaurante asook besienswaardighede soos die Tintenpalast Tuine en Nasionale Botaniese Tuine, die Namibia Craft Centre en plekke van geskiedkundige belang soos Die Heldeakker, die oudste kerk, die Christuskirche, of die Independence Memorial Museum. Gaste kan ook voëlkyk of voetslaan in die Avisdam Natuurreservaat of op 'n toer deur die Katutura informele nedersetting gaan.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Leefarea

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Mooi uitsig
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Stroomdienste
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 51 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Annemieke D
Saam met vriende
5.0
Lovely! Lovely stay, wonderful host. Thank you so much for the amazing time.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2025
Heide B
5.0
Fantastiese blyplekkie, netjies en skoon, baie rustig en stil. Die verblyf was heerlik. Lydia is 'n wonderlike gasvrou.
Sep 2025
Friedbert B
Saam met lewensmaat
5.0
We will come again! Very nice to have a very comfortable and safe place with no wishes open. Great hospitality and very helpful support...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2025
Jeremy D
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekend. Regtig 'n besondere plek wat ons graag aanbeveel.
Jul 2025
Mornette B
5.0
Heerlik gebly. Vriendelike en netjiese verblyf. Vriendelik ontvang. Uiters netjiese verblyf en het in al ons behoeftes voorsien. Gasvrou het ons van i...
Sien meer
Jun 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Lydia Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 51

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • 12a Phillip Shiimi Street, Klein Windhoek, Windhoek, Khomas
  • Gaste dink Bly in Styl het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 500
per nag, vir 4 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag, vir 4 mense
Vanaf
R 1 500
per nag, vir 4 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 12a Phillip Shiimi Street, Klein Windhoek, Windhoek, Khomas
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA54cf42b78bdfc97fa587cac3280e60551eff927e56dd55f109c8823707b43b75fa3bb45223ff8299bc4f3f8e517b23a11cc6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag, vir 4 mense 51 5 1 5 12a Phillip Shiimi Street Klein Windhoek Khomas 021 201 8901 12:00-23:00 10:00 -22.57121716655 17.120275262288

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang