Successfully reported
+25

Blyde River Log House

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Portion 20 Farm Middlesex 205 KT, Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Vanaf R2 290 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Blyde River Log House is 'n selfsorg-houthuis in 'n wildbewarea sowat 25 km buite Hoedspruit. Dis die ideale plek vir 'n gesinswegbreek, romantiese naweek of wegtrekplek om die Blyderivierspoort en Krugerwildtuin met al die omliggende besienswaardighede te verken.

Die huis het lugversorging en bied slaapplek aan 4 gaste. Dit beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n skottelgoedwasser, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. Die sitkamer het 'n gemaklike rusbank en 'n platskerm-TV teen die muur met sekere DStv-kanale.

Die eiendom het veilige onderdakparkeerplek, 'n braai-area en 'n privaat Jacuzzi. Kinders van alle ouderdomme is welkom, maar hou in gedagte dat die gastehuis nie omhein is nie en dat wilde diere in die omgewing rondloop.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai
Warmbad

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 7 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.4
Gaste se hoogtepunte
Gerhard U
Gesin met klein kinders
5.0
Vreeslik lekker. Ongelooflik lekker gebly. Die gebied is baie mooi en rustig. Alles wat mens nodig het en meer.
Jul 2025
Jacques B
Gesin met klein kinders
5.0
Persoonlike diens. Wel geleë in die stilte van die bos met die diere wat onder. Met rustigheid in die natuurskoon.
Jul 2025
Ronel L
Saam met lewensmaat
5.0
Lieflike plek. Sal weer gaan. Die jacuzzi was 'n treffer. Het die naweek baie geniet. Was so rustig in die bos. Het lekker gerus. Die chalet het alles...
Sien meer
Mrt 2025
Werner S
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker vir 'n romantiese wegbreek. Baie dankie, ons het baie lekker gebly. Die jacuzzi is definitief 'n wen!
Jul 2024
Fienie S
Saam met vriende
5.0
Die rustigheid en vriendelikheid van Gae en Willem was uitstekend, en die plek was onbeskryflik. Baie lekker gebly, net jammer dit was so kort. Sal gr...
Sien meer
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Gay Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 40

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Portion 20 Farm Middlesex 205 KT, Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Gaste dink Blyde River Log House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 290
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 290
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 2 290
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Portion 20 Farm Middlesex 205 KT, Hoedspruit, 1380, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7b7ecbc49ebd00b64eaa31d9d0c3dd2f9b77f47072e3da7ab033ae53e55abc8d2ba5d264ea5df46698005be0212c435518ad?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 290 per nag (plek vir 4) 7 5 1 5 Portion 20 Farm Middlesex 205 KT Hoedspruit 1380 Limpopo 021 201 8901 15:00-17:00 09:00 -24.296483333333 30.848666666667

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang