Successfully reported
+12

Bokkomdraai

Selfsorg
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 3 Bokkomdraai Street, Jacob's Bay, 7395, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 000 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Bokkomdraai is in Jacobsbaai geleë en bied gehalteverblyf aan 'n gesin of 'n groep vriende. Dit is naby winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede.

Die huis beskik oor 3 slaapkamers en het slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die hoof- en tweede slaapkamer het elkeen 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die derde badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, skottelgoedmasjien, wasmasjien, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus. Die sitarea het gemaklike rusbanke en lei na die stoep met 'n uitsig oor die see. Daar is ook ingeboude braaigeriewe en genoeg sitplek vir almal.

Die huis is die linkerkanste onderste gedeelte soos jy na die see kyk (links van die voordeur).

Die Bokkomdraai-woonstel beskik oor 'n slaapkamer en het slaapplek vir 2 gaste. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en die badkamer het 'n hoekstort, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is met 'n tweeplaatstoof, oond, mikrogolfoond, yskas, wasmasjien, breekware en eetgerei toegerus. Die woonstel is op die eerste verdieping en spog met 'n groot stoep en 'n onbelemmerde see-uitsig. Onderdakparkeerplek is ook beskikbaar. Die woonstel is op die boonste gedeelte.

Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Wi-fi is in beide eenhede beskikbaar.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 3 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.7

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Elria Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 3

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • 3 Bokkomdraai Street, Jacob's Bay, 7395, Wes-Kaap
  • Gaste dink Bokkomdraai het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 000
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 2 000
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 3 Bokkomdraai Street, Jacob's Bay, 7395, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAaf82e25be65de494f5553c131021d5e248052086d4a88e46b70d40b5d54d16f0de37b5326f31e16a69608cd07319ee2e878a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 000 per nag (plek vir 2) 3 5 1 5 3 Bokkomdraai Street Jacob's Bay 7395 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.970476154454 17.88614749459
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang