Successfully reported
+8

Bonamanzi Game Reserve - Rustic 2 Sleeper Tree Houses

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bonamanzi Game Reserve, Hlhuhluwe, 3960, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 850 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Rustic 2 Sleeper Tree Houses is selfsorg-eenhede in die Bonamanzi Wildreservaat, 5 km van Hluhluwe af. Bonamanzi is 'n wildreservaat wat privaat besit word en dit strek 4000 ha tot by die Hluhluwerivier wat die oostelike grens vorm.

Daar is 4 eenhede wat elkeen slaapplek vir 2 volwassenes het. Die eenhede is relatief privaat en op stelte gebou. Elke eenheid het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Badhanddoeke word voorsien.

Die kombuis is vir selfsorg toegerus en sluit 'n tweeplaatstoof, yskas, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware in. Daar word 2 liter filterwater elke dag by die eenhede afgelewer, maar gaste word aangemoedig om ekstra drinkwater saam te bring.

Elke eenheid het 'n braai-area en gaste kan bondels hout by die ontvangstoonbank koop. Aangesien die eenhede op stelte is, is dit ideaal vir voëlkyk en wildkyk van die stoep af.

Gaste is welkom om van die restaurant en geriewe by die hoof-ontvangs gebruik te maak. Dit is sowat 800 m ver via 'n voetpaadjie. Gaste kan gerus hulle eie houers saambring en dit gratis by die kroeg met filterwater vul. Gaste moet asb. nie die kraanwater drink nie.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 8 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.1
Diens
4.8
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Gideon S
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig ontspanne en vriendelike staf. Het alle verwagtinge oortref. Plek is netjies, skoon, goed onderhou en het alles wat jy nodig het.
Sep 2025
Richard D
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig, lekker en goeie vriendelike diens. Kan nie wag om weer te gaan nie. Dit sê genoeg. Lol.
Des 2024
Saartjie V
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker gebly. N Unieke ervaring in die boomhuisie.
Aug 2024
Lyn K
4.8
Lekker geslaap! Ons het ons aand in the Tree Houses baie geniet!
Sep 2024
Lee-anne G
Saam met lewensmaat
4.6
Amazing birding. We had a lovely trip to Bonamanzi. The highlight was the guided birding boat cruise - we saw over 60 species in just o...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

Tracey Geverifieer

Eiendomme 7

Resensies 46

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Bonamanzi Game Reserve, Hlhuhluwe, 3960, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Bonamanzi Game Reserve - Rustic 2 Sleeper Tree Houses het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 850
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 850
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 1 850
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bonamanzi Game Reserve, Hlhuhluwe, 3960, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAzZojQT5jhTLzfc9zBTP3EEqlxmYr044diElmAXliRtpVHaLQiS?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 850 per nag (plek vir 2) 8 5 1 5 Bonamanzi Game Reserve Hlhuhluwe 3960 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.053754429133 32.294267669879

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang