Successfully reported

Bonfrutti Druiwetros

Selfsorg

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
4.8
Shirmonia A
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2025

Rustig. Asemrowend. Vreedsaam. Ek en my verloofde het 2 nagte gebly vir ons verjaarsdagnaweek. Ons was baie gelukkig en tevrede met aankoms. Die natuurskoon was magies. Ons het lekker gebraai, op die hangmat ontspan, koffie geniet op die buitestoep, die borrelbad geniet, 'n entjie gaan stap en flieks gekyk. Die donkies het ons kom besoek, en hulle was vriendelik en speels, net 'n jammerte dat ons nie wortels gehad het om vir hulle te voer nie. Ons wou steeds die staproete gedoen het, maar het so 'n ontspannende naweek gehad dat ons net nie die tyd gehad het nie. Die enigste ongerief wat ons gehad het, was dat die rook van die borrelbad en vuurput die huis binnegegaan het. Andersons sal ons beslis terug wees saam met ons families.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ronel V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2025

Pragtige, gerieflike selfsorg eenheid op plaas met die mooiste uitsig. Ons het 3 nagte in hierdie pragtige gerieflike eenheid gebly. Ons het baie vriendelike diens van die gasheer en gasvrou ontvang. Kommunikasie was goed en ek het 'n WhatsApp ontvang met al die inligting en padaanwysings. Ons eenheid was baie gerieflik en mooi skoon. Die gasvrou het regtig aan alles gedink en voorsien om jou verblyf super gemaklik te maak. Die binnebraai was heerlik vir die koue aande en die eenheid was lekker warm en cosy. Daar was 'n TV met goeie opvangs met DStv. Die Wi-Fi was nie baie sterk nie, maar in 'n geval van nood kon jy 'n WhatsApp stuur. Ons het 200 stukkies hout bestel teen R300, dit was reeds afgelewer met aankoms. Daar is 'n muurverwarmer in die kamer asook 'n fan. Wat lekker was, was dat daar 'n plug by die spieel was en jy maklik jou hare kon droogmaak. Dankie vir die vol lengte spieel, dit is iets wat 'n mens selde kry. Die badkamer het 'n groot stort gehad en daar was handseep by die wasbak met ekstra handdoeke. Net jammer die vorige gas het met die gasinstrument gepeuter en verstellings gemaak, wat veroorsaak het dat ons nie lekker kon stort en skottelgoed was nie vir die eerste 2 dae nie, die water was vuurwarm en sodra jy die koue waterkraan oopdraai, het jy geen warm water gehad nie. Gelukkig het ons dit aan genoem en hy het die verstelling verander en ons kon die 3de dag lekker stort. Hy het ons geneem na die piekniekarea en ook vir ons gesê om met die berg op te gaan. Ek is bly ons het dit gedoen, dis 'n pragtige pad deur die bome en jy word beloon met 'n pragtige uitsig as jy bo op die berg kom. Daar is so baie mooi plekke in die omgewing om heen te ry, ons was na Malgas waar ons met die pont oor die Breede rivier geneem is. Die natuur en berge om jou was regtig asemrowend. Ons het dit geniet om die donkies apples te voer, hulle is so mak en geniet die aandag en bederf. Ons het nie ons warmbad gebruik nie, maar ons sal definitief weer na Bonfrutti se Druiwetros teruggaan, ons het die verblyf baie geniet en kan hulle aanbeveel vir uitstekende verblyf met 'n pragtige view oor die berge en dam. En jy moet die Bonfrutti padstal besoek en die roosterkoek eet. Dankie vir julle vriendelike diens.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Andrew O
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2025

Love open places in SA. Loved the cottage comfort with hot tub. Wonderful views of the mountain and enjoyed the poplar forest.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Elmarie
Bonfrutti Druiwetros
Hi Andrew. We are so happy that you enjoyed your stay at Bonfrutti. The view of the mountains is magical. The fresh air and fresh water from the mountain is good for body and soul!

Luzette H
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Feb 2025

Skoonheid, natuur en stilte - beste plek om te ontspan. Dit was een van die lekkerste plekke waar ons al tuis gegaan het, skoon, netjies en alles wat jy nodig het net om so bietjie van die stad se lawaai af weg te kom!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Elmarie
Bonfrutti Druiwetros
Beste Luzette ... ons is bly julle het lekker gekuier in Druiwetros. Ons hoop om jul weer te sien ... groete van die Bonfrutti span!

Larghlushca S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Jun 2025

Wonderlik, alles was mooi skoon, die warm bad is lekker groot. Tog te lekker gekuier, baie rustig en lekker gestap op die plaas. Was bitter koud saans en kon net nie lekker met die braai die huisie warm maak nie oor dit so opgerook het, so deur moes oop bly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Ronel S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2024

Ons kon ons batterye herlaai, tyd het stilgestaan, die uitsig is asemrowend. Ek wil net baie dankie sê aan Elmarie - so goed ontvang deur haar. Die huisie is pragtig binne en keurig gemeubileerd. Die binnebraai en houtvuurbad was absoluut 'n bonus. Die 4x4 roetes is ook 'n moet. Ons het heerlik uitgerus. Ons Yorkie was saam en sy het dit terdege geniet, dit is regtig vir ons goed dat hulle dierevriendelik is (indien vooraf gereël). Besoek ook gerus die padstal vir heerlike etes - Bonfrutti.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Elmarie
Bonfrutti Druiwetros
Baie dankie Ronel vir die positiewe terugvoer. Ons is so bly julle het lekker gekuier by Bonfrutti. Die uitsig vanaf die 4x4 roete op die vallei is ongelooflik mooi! Hoop om julle weer te sien. Groetnis van die Bonfrutti span!

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Elmarie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Op LekkeSlaap 1 jaar

Vanaf
R 1 350
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 350
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 350
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 persone
    2 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R60, Bonfrutti Farm 173 Portion 4, Bonnievale, 1459, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0a7aea80897c485d868b1fa1ddb89cafb749f2c57c664fcd093b67ccdb192de5d70065b64ab9cfc901c290583558cdf73cbb?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 350 per nag, vir 2 mense 6 5 1 5 R60 Bonfrutti Farm 173 Portion 4 1459 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.905873674314 20.192744692421
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang