Bonnie View Accommodation
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Farm 19, D494, Hilton, 3245, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 450 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Bonnie View Accommodation is op 'n klein wildplaas teen die berg met 'n uitsig oor die Albert Falls-dam. Dit is ongeveer 7 km vanaf Hilton se middestad. Hilton bied 'n verskeidenheid kafees, restaurante en 3 winkelsentrums.
Verblyf word aangebied in 2 A-raam lodges met slaapplek vir 4 gaste elk. Die twee lodges is identies en elkeen beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n kombuis en 'n sitarea. Die hoofslaapkamer van elke lodge het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer in elke lodge is 'n solderkamer met 2 enkelbeddens.
Elke lodge het ook 'n oopplan-kombuis wat met 'n yskas, stoof, mikrogolf, basiese eetgerei en breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Daar is ook 'n etenstafel met stoele. Elke sitarea het 'n sitkamerstel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Glasdeure lei na 'n balkon met stoepmeubels en braaigeriewe sodat gaste rustig kan ontspan en die uitsig oor die Albert Falls-dam en heuwels in die verte kan waardeer.
Aktiwiteite op die perseel sluit kort staproetes na die dam en waterval in. Op hierde roetes kan gaste lekker voëlkyk of visvang in een van die baarsdamme. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Rebecca Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 12
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Farm 19, D494, Hilton, 3245, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Bonnie View Accommodation het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Farm 19, D494, Hilton, 3245, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang