Successfully reported
+37

Boscobel Cottages

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: On the 'O' Road, Magoebaskloof, Haenertsburg, 0730, Limpopo
  • Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Boscobel Cottages is tussen die beeldskone, welige berge en strome van Magoebaskloof geleë en bied gerieflike selfsorg-akkommodasie in 3 knus grasdak-kothuise met die mooiste grasperke.

Die kothuise is lekker privaat en elkeen het sy eie kleurskema en spesiale naam wat die Boscobel-geskiedenis weerspieël. Die Royal Cottage is in rooi getooi, die Crown Cottage in blou en die Acorn Cottage is 'n welige groen. Die kothuisies is goed toegerus en het lieflike kaggels wat 'n besonderse element by die kothuisies voeg. Elke kothuisie se grondvloer het 'n hoofslaapkamer, 'n badkamer en 'n kombuis wat op die stoep met 'n braai oopmaak. Twee van die kothuise het 'n stort bo die bad en die derde kothuis het slegs 'n stort. Die boonste solderarea het 2 enkelbeddens. Die kombuis is toegerus met breekware en eetgerei, kooktoebehore, 'n tweeplaatstoof, 'n mikrogolfoond en 'n yskas. Daar is oorgenoeg vriesplek in die hoof-lodge beskikbaar.

Die perseel is heeltemal omhein en veilig. Elke kothuis het sy eie onderdakparkeerplek vir 'n voertuig en buitebraaigeriewe. Die sentrale lodge het 'n gerieflike TV-kamer vir gaste. Daar is verskeie damme en riviere in die omgewing wat uitstekende kunsvlieghengel-geleenthede skep. Visvangpermitte vir rivierhengel by Boscabel Cottages kan op versoek deur die eienaars gereël word. Ander aktiwiteite sluit voëlkyk en stap in en gaste is welkom om hulle eie bergfietse saam te bring en die roetes, wat deur die woude en verby die strome kronkel, te verken.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 56 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Riaan M
Gesin met klein kinders
5.0
Ontspannend en verfrissend. Dit was my 2de keer hier en die keer was ek saam met my gesin. Wonderlike plek om by te bly en heerlik stil vir 'n lekker ...
Sien meer
Okt 2025
Jaco P
Saam met lewensmaat
5.0
Beautiful, peaceful, and tranquil. What a wonderful stay in the middle of the Magoebaskloof region! Margie made sure that we had a wond...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2025
Nella-marie V
Saam met lewensmaat
5.0
Gerieflike verblyf in pragtige omgewing. Pragtige verblyf! Mooiste kothuisies in 'n lushof van 'n tuin en die beste van alles is dat die tuin omhein i...
Sien meer
Jul 2025
Liza D
Saam met lewensmaat
5.0
Super! Best stay ever! Loved the fireplace. Loved the personal touch in the cottage. Very comfortable bed with quality linen.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2025
Jaco P
Saam met lewensmaat
5.0
Tranquil, beautiful and stunning. What an amazing stay. I can highly recommend Boscobel Cottages to anyone who would like to explore an...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Margie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 56

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • On the 'O' Road, Magoebaskloof, Haenertsburg, 0730, Limpopo
  • Gaste dink Boscobel Cottages het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 000
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 000
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: On the 'O' Road, Magoebaskloof, Haenertsburg, 0730, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAoVMEKivMtLdEBf64zueyUp2n5naI80Yjh6hNKHOGu5ukEpQuYp?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense 56 5 1 5 On the 'O' Road Magoebaskloof 0730 Limpopo 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -23.86148444518 29.938165931213
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang