Successfully reported
+40

Boulders Beach Villa

Selfsorg
Spesiale Aanbod

Ontvang 'n gratis welkomgeskenk ter waarde van R1000 en nog meer verrassings. (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 16 Sep 2025 tot 31 Des 2025.

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 13 Secluse Avenue, Boulders Place, Simon's Town, Cape Town, 7975, Wes-Kaap
  • Vanaf R8 800 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Boulders Beach Villa is 'n unieke en moderne strandfrontvilla wat met 'n pragtige uitsig oor Bouldersstrand, die hawe en op die Hottentots-Hollandberge spog.

Dié villa bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 5 slaapkamers wat elk 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak het. Een van die badkamers het net 'n bad. Donsbeddegoed, gehaltelinne en strandhanddoeke word voorsien. Die vyfde slaapkamer is deel van 'n aparte eenheid wat aan die agterkant van die perseel is en sy eie sitarea met 'n TV en 'n slaapbank het. Dit lei na die agterste binnehof met 'n gasbraai, tafel en 'n buitestort. Daar is ook 'n gastetoilet langs die TV-area.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gas- en elektriese stoof, oond, mikrogolfoond, broodrooster, eetgerei, breekware, koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Die opwaskamer het 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Daar is ook 'n etenstafel met stoele. Die leefarea het 'n sitkamerstel, kaggel en 'n platskerm-TV met die volle pakket van satelliet-TV. Glasstapeldeure lei na 'n ruim onderdakterras met braaigeriewe wat verder na 'n verhitte plonspoel lei.

Die onderste verdieping het 'n mediakamer vir kindervermaak. Daar is 'n TV en 'gaming console'. WiFi is beskikbaar. Die solder het 'n dakterras met 'n tweede braai, kroeg en 'n eetarea. Hierdie villa spog ook met 'n lieflike tuin wat om die huis strek.

Hierdie verblyf maak van sonkrag gebruik en word dus nie deur kragonderbrekings geraak nie. Die villa het goeie sekuriteit, alle vensters het diefwering en daar is 'n elektriese heining. Dié verblyf se hek is 'n paar meter vanaf die ingang na Bouldersstrand se pikkewyne en daar is genoeg parkeerplek in die parkeerterrein voor die Villa.

Kamer-opset

5 Slaapkamers 5 Badkamers, 4 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

3

1 x Koninggrootte-bed

1 x Enkelslaapbank

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Mooi uitsig
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Stroomdienste
Kaggel
Braai
Vuurmaakhout
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 2 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Felicia Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 2

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • 13 Secluse Avenue, Boulders Place, Simon's Town, Cape Town, 7975, Wes-Kaap
  • Gaste dink Boulders Beach Villa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Toeganklikheid

Ruim slaapkamer
Breë ingangsdeur
Breë gange
Vanaf
R 8 800
per nag (plek vir 10)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 8 800
per nag (plek vir 10)
Vanaf
R 8 800
per nag (plek vir 10)
Bespreek
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 13 Secluse Avenue, Boulders Place, Simon's Town, Cape Town, 7975, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA54ff0eaf00a3abec501ddcdd2cb04de54e766315ea7c5065c63dfb6cd628ef2efe9fb1b05586aa8427b978c5d8448cb9e889?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R8 800 per nag (plek vir 10) 2 5 1 5 13 Secluse Avenue, Boulders Place Simon's Town 7975 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.198284814281 18.452931971354

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang