Braai-Paradys Vakansiehuis
- Kapasiteit: 11 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: 107 Hoofweg, Struis Bay, 7285, Wes-Kaap
- Vanaf R3 300 per nag (plek vir 11)
Beskrywing
Braai-Paradys Vakansiehuis is in Struisbaai geleë en bied gehalteverblyf vir 'n gesin of 'n groep vriende. Dit is lekker naby restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede.
Hierdie vakansiehuis het slaapplek vir 11 gaste. Die huis beskik oor 5 slaapkamers, 4 badkamers, 2 sitareas en 'n oopplan-kombuis met 'n leefarea.
Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed, asook 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede en derde slaapkamer het elkeen 'n dubbelbed, en die vierde en vyfde slaapkamer het elkeen 2 enkelbeddens. Van die 4 ander slaapkamers het 2 van hulle en suite-badkamers en die ander 2 deel 'n aparte badkamer. Elke badkamer het 'n stort of 'n stort en 'n bad.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus.
Die sitareas het gemaklike rusbanke en TV's met DStv. Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Die ruim braaikamer maak hierdie vakansiehuis spesiaal. Die braaikamer is lekker groot en het 'n ingeboude braai wat dit die ideale plek maak om 'n maaltyd saam met die gesin of 'n groep vriende voor te berei. Alle braaigeriewe word voorsien. Daar is ook 'n TV met DStv in die braaikamer met skuifdeure.
Die vakansiehuis strek oor 2 erwe, waarvan een 'n grasperk van 1000 m² is wat ideaal is vir kinders wat wil fietsry of balsport wil speel. Daar is 'n hek by die ingang wat saans gesluit kan word, en 'n alarmstelsel wat aan 'n sekuriteitsmaatskappy gekoppel is.
Braai-Paradys Vakansiehuis is 400 m van die beroemde Struisbaai-hawe af. Daar is 'n restaurant, 'n strand vir klein kinders om in te swem, en 'n gewilde visvangarea by die hawe. In die teenoorgestelde rigting is die vakansiehuis 400 m vanaf Skilpiesbaai. Die huis is in die hoofstraat geleë en lekker naby die plaaslike kruidenierswinkel. Die huis is 5 km vanaf Kaap Agulhas, die mees suidelike punt van Afrika, en oorkant die pad vanaf 'n skoonheidsalon en sauna.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Johan Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 19
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- 107 Hoofweg, Struis Bay, 7285, Wes-Kaap
- Gaste dink Braai-Paradys Vakansiehuis het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 11 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: 107 Hoofweg, Struis Bay, 7285, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang