Successfully reported
+46

Branksome Country House

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: R393, Elliot Road, Barkly East, 9786, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Branksome Country House is 'n selfsorggastehuis op die werkende Branksome-plaas in die Suidelike Drakensberg. Dit is die perfekte plek om te ontspan en van die besige stadslewe te ontsnap. Dit is in 'n afgeleë vallei, weg van die samelewing in die natuur. 'n Kalm omgewing om tot rus te kom.

Die kamers is elk na 'n belangrike deel van die Vosloo's se familie-geskiedenis vernoem en versier. Die kamers het nie TV's nie sodat gaste werklik die omgewing kan waardeer. Die verblyf word in 5 stylvolle kamers met 'n berg-uitsig gebied. Die kamers het elk 'n privaat stoep, koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n solder-kamer met 2 enkelbeddens vir kinders in elke kamer.

Die oopplan-sitarea en -eetarea het 'n kombuis wat volledig toegerus is. Daar is 'n groot ingeboude braai in die kroeg sodat gaste in enige weersomstandighede kan braai. Ontbyt en aandete is op versoek beskikbaar.

Doendinge in die area sluit staproetes, bergfiets- en voetslaanroetes in, asook kunsvlieghengel in die Sterkspruitrivier. Bell en Bokspruit is ook naby.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Mooi uitsig

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 9 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.9

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Rene Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 9

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • R393, Elliot Road, Barkly East, 9786, Oos-Kaap
  • Gaste dink Branksome Country House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 000
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 000
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: R393, Elliot Road, Barkly East, 9786, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAeb4fac8628918f031533647047f552b16047bfa78281a49f576a5e5b3c286a38b31ce88a477a39442d27fb26473177f38ecc?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense 9 5 1 5 R393 Elliot Road 9786 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -30.931666666667 27.794416666667
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang