Successfully reported
+48

Breathe Inn

  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1658 Jasus La Lande Street, Lambert's Bay, 8130, Wes-Kaap
  • Vanaf R900 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Breathe Inn is naby die strand Malkopbaai in Lambertsbaai aan die Weskus geleë. Die eiendom bied 'n ononderbroke uitsig oor die see en is net 100 m van 'n getypoel af.

Daar is 4 selfsorg-eenhede. 2 van die eenhede het 2 slaapkamers en die ander 2 het slegs 1 slaapkamer. Let asb. daarop dat elke kamer 'n en-suite badkamer het, en dis meer geskik vir gaste met kinders wat op die slaapbanke kan slaap. Elke eenheid het 'n oopplan-leefarea, braaigeriewe, parkeerplek, 'n TV met DStv en WiFi. Die kombuise is toegerus met 'n oond, stoof, yskas-vrieskas, mikrogolf, breekware en eetgerei.

Die verblyf het 'n sonkragstelse om beurtkrag te verlig.

Lambertsbaai is een van die top seekos-bestemmings en vars vangste word daagliks ingebring. Muisbosskerm en Bosduifklip is heerlike opelug-restaurante met van die lekkerste seekos in die kontrei.

Daar is talle doendinge in die omgewing, soos sandplankry op die duine, vierwielmotorfietsry, mikrovliegtuigvlugte oor die baai en watersport soos swem, lyfplankry en branderplankry. Gaste kan ook die Boegoeberg 4x4-roete aanpak, op Elandsbaai se strand ontspan of die Kreeffees in Maart bywoon.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 107 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.5
Veiligheid
4.4
Gaste se hoogtepunte
Wilfred T
Saam met lewensmaat
5.0
Sal beslis weer daar wil bly vir 'n naweek. Fantastiese naweek gehad. Die tannie wat ons ontvang het, was super vriendelik.
Sep 2025
Darelle A
Saam met lewensmaat
5.0
Blissful. Die mooiste plekkie met die mooiste uitkyk op die see, baie cozy. Sal vir seker weer kom.
Aug 2025
Carina H
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasmagoriese rus. Goed gerus en het die see uitsig baie geniet.
Mei 2025
Christina V
Saam met lewensmaat
5.0
Relaxing and comfortable. Great view and the units have everything you need. Our unit had a great inside braai, huge TV and comfy couch...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2025
Ronel S
Gesin met tieners
5.0
Very pleasant. Pleasant stay with a great view and everything we needed.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Suzette Lochner Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 107

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 1658 Jasus La Lande Street, Lambert's Bay, 8130, Wes-Kaap
  • Gaste dink Breathe Inn het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 900
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 900
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1658 Jasus La Lande Street, Lambert's Bay, 8130, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc3e58760013a450e7f50276d79ffbaf5564fe47b5dea9e3b85c0028556158a9c5808f3409f3a31d1e51e17069c9a82460f29?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag, vir 2 mense 107 5 1 5 1658 Jasus La Lande Street Lambert's Bay 8130 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.10809 18.30392
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang