Breena B&B Guest House
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 29 Breena Street, Harmelia, Edenvale, Johannesburg, 1609, Gauteng
- Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Dié gastehuis is in 'n manjifieke, tropiese tuin geleë en spog met 'n tikkie uniekheid weens die keurige Italiaanse afwerkings gekombineer met die rustieke energie van die lodge-dekor in 'n kenmerkende Afrika-styl. Dit skep die illusie van 'n eksotiese paradys in die hartjie van die stad!
Verblyf is beskikbaar in 8 kamers waarvan 1 'n wittebroodsuite en die ander 'n rugsakreisigerskamer is. Elke kamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n klipbad, badskuim en 'n glasstort.
Verder spog elke kamer met 'n yskassie, ketel, koffie, tee, vars melk, koekies, 'n verwarmer, waaier, haardroër, platskerm-TV, DVD's, DStv en WiFi.
Breena Guest House is 'n blitsige 10 minute se ry vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe en Emperors Palace, en slegs 15 tot 20 minute se ry vanaf Eastgate Mall, Greenstone Mall of East Rand Mall waar daar filmteaters en ander vermaaklikheidsopsies is. Dit is binne loopafstand (1 km) vanaf ons winkelsentrumpie met winkels soos Spar, Fruit 'n Veg, Woolworths, apteek, Virgin Active gim en 'n verskeidenheid restaurante.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Celeste Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 12
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- 29 Breena Street, Harmelia, Edenvale, Johannesburg, 1609, Gauteng
- Gaste dink Breena B&B Guest House het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 volwassenes
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 29 Breena Street, Harmelia, Edenvale, Johannesburg, 1609, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang