Successfully reported
+19

Brinksfontein Guest House

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Brinksfontein, 70 km from Laingsburg, 6900, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 000 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Brinksfontein Guest House is 70 km van Laingsburg en 60 km van Sutherland af op 'n grondpad uit, in die stil en rustige Karoo. Brinksfontein bied die perfekte plek om jou skoene uit te skop en jou batterye te herlaai. Verblyf is beskikbaar in 'n kothuis wat volledig toegerus is vir selfsorg. Die huisie is teen die hange van die Moordenaars-Karoo se kliprandjies gebou. Dié bekoorlike eenheid werk met sonkrag en daar is WiFi.

Die kothuis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 3 enkelbeddens, die tweede slaapkamer 'n dubbelbed en 'n driekwartbed en die derde slaapkamer is 'n buitekamer met 2 enkelbeddens en 'n wasbak. Die eerste badkamer het 'n stort, 'n gasgeiser, toilet en 'n wasbak, waar die tweede badkamer buite die huis is en 'n buitestort en 'n toilet het. Die slaapkamer het ook warmwaterbottels en ekstra komberse. Daar kan ekstra matrasse teen ekstra koste vir kinders gereël word.

Die oopplan-kombuis en -leefarea het 'n kaggel en gemaklike rusbanke. Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, vierplaatgasstoof met ’n oond, eetgerei, breekware en 'n etenstafel met sitplek vir 8. Die kothuis het 'n hele versameling tydskrifte en boeke en daar is ook bordspeletjies.

Daar is 'n houtvuur-swembadjie in die braai-area, wat ideaal is vir ontspan in die Karoo en die plaas het staproetes wat gaste kan verken.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

3

3 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
Volledige kombuis
Kaggel
Braai
Vuurmaakhout
Warmbad

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 43 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Kanollie B
5.0
Absolute stilte, asemrowende sterre en salige samesyn. Ons het baie lekker gebly, maar dit was baie warm saans en as ons die vensters oopgehou het vir...
Sien meer
Mrt 2025
Ronelle R
Saam met vriende
5.0
Baie lekker gekuier op Brinksfontein! Pragtige omgewing en huis in die Karoo. Mooi ou kliphuis is goed toegerus met alles wat nodig is en nog meer! He...
Sien meer
Mrt 2024
Anneke B
Saam met lewensmaat
5.0
Peaceful, balm for the soul! Our hostess was very welcoming with a home-baked plaasbrood and some of the nicest peach jam! We truly lov...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2024
Hendry B
Gesin met tieners
4.8
Ongerepte Karoo plaas verblyf. As jy wil wegbreek van die alledaagse gejaag en geraas, is dit die perfekte plek. Pragtige Karoo eenvoud en karakter. D...
Sien meer
Jul 2025
Pieter B
Saam met lewensmaat
4.8
Die Karoo soos ons dit ken. Hier kan jy maar net jouself wees. Héérlik! Skoon lug, genoeg om te doen, heerlike geriewe en sommer net 'n plekkie waar j...
Sien meer
Jul 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Rae Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 43

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Brinksfontein, 70 km from Laingsburg, 6900, Wes-Kaap
  • Gaste dink Brinksfontein Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 000
per nag, vir 8 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 000
per nag, vir 8 mense
Vanaf
R 2 000
per nag, vir 8 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Brinksfontein, 70 km from Laingsburg, 6900, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDY3YjgwMzRlLWU3M2UtNDYyYi1hODQwLWZmMDBjY2NmNzgyNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 000 per nag, vir 8 mense 43 5 1 5 Brinksfontein 70 km from Laingsburg 6900 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 09:00 -32.728154670323 20.932189332379
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang