Successfully reported
+46

Brooklyn Place Guesthouse

  • Kapasiteit: 13 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 50 Mackenzie Street, Brooklyn, Pretoria, 0181, Gauteng
  • Vanaf R1 400 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Brooklyn Place Guesthouse is 'n lieflike gastehuis in Brooklyn met verblyf in gerieflik gemeubileerde kamers.

Die gastehuis is met 'n ouwêreldse, Engelse tema versier en die kamers beskik oor koninggrootte-beddens, koningingrootte-beddens of driekwartbeddens, sowel as en suite-badkamers met storte en baddens, of net storte. Japonne word voorsien en haardroërs is op versoek beskikbaar.

Elke kamer het lugversorging, koffie- en teemaakgeriewe, 'n kluis, WiFi en 'n TV met DStv. Yskassies is in 'n paar van die kamers beskikbaar. Let asb. op dat dele van die huis via trappe bereik word.

'n Volledige Engelse ontbyt is by die tarief ingesluit, en middagete en aandete is op versoek teen ekstra koste beskikbaar. Die gastehuis bied ook geriewe vir klein funksies, troues en partytjies, sowel as vir konferensies vir tot 25 gaste.

Gaste kan lekker in die sitkamer voor die gesellige kaggel ontspan, of op die terras wat oor die swembad en tuin uitkyk. Parkeerplek is beskikbaar.

Brooklyn Place Guesthouse is 900 m van Pretoria Universiteit af, 1 km van Brooklyn Mall af, 2 km van Loftus Versfeld Stadion af, en minder as 5 km van verskeie hospitale en die Menlyn Park Winkelsentrum af.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 18 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Arina J
Saam met lewensmaat
5.0
'n Gastehuis met baie atmosfeer. Die gastehuis is ideaal geleë naby die universiteit en Loftus. 'n Baie besondere gastehuis met baie atmosfeer. 'n Plu...
Sien meer
Sep 2024
Ingrid P
5.0
Clean and comfortable room. We had a lovely stay in the Windsor room. We had a friendly reception and the room was clean and comfortabl...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2024
Kobus V
Besigheidsreis
4.8
Besonderse gasvryheid. Baie aangename verblyf. Uitstekende diens, skoon en netjies. Lekker atmosfeer.
Aug 2025
Dirk J
4.8
Alles perfek - vol punte - lekker rustig - kwaliteit bestemming. Yes, perfek, rustig en kos was lekker.
Sep 2024
Helena T
4.8
Definitely a place to return to. Thank you. We had a wonderful time. The hosts were very hospitable and helpful. We had a lovely room a...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Yvonne Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 18

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 50 Mackenzie Street, Brooklyn, Pretoria, 0181, Gauteng
  • Gaste dink Brooklyn Place Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 400
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 400
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 13 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 50 Mackenzie Street, Brooklyn, Pretoria, 0181, Gauteng
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2e6126c3f088dae9898edc806af5f74c1fe5a110760f3434ce74bef53373a42c07dd1cc824b16a003431f83cab83821ac526?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag, vir 2 mense 18 5 1 5 50 Mackenzie Street Brooklyn 0181 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.762629 28.231996

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang