Successfully reported
+44

Buffelsvlei Lodge

Wildsplaas
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas Buffelsvlei, Thabazimbi, 0380, Limpopo
  • Vanaf R6 000 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Buffelsvlei is 'n privaat wildplaas in Limpopo se ongerepte bosveld wat oor 1400 hektaar strek. Terwyl jy by Buffelsvlei kuier is dit ons hoofdoelwit dat jy ontspan, die natuur geniet en van die stres van die stad vergeet. Hier kan jy vergeet van die wêreld en net uitrus.

Buffelsvlei het 4 en suite-chalets met lugversorging, 'n groot gemeenskaplike kombuis, kroeg en leefarea. Elke chalet is versier met 'n Afrika-tema en het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die lodge is toegerus vir selfsorg. Dit word slegs per groep bespreek word. Die lodge word as 'n geheel verhuur en het slaapplek vir 12 gaste.

Die gemeenskaplike kombuis en eetkamer is volledig toegerus en kyk uit oor die tuin en swembad. Langsaan die kombuis is 'n braai-boma wat bestaan uit klip wat op die plaas gevind is. Dit is die ideale plekkie om in die winter langs 'n knetterende bosveld-vuur te sit en ontspan . Dit is ook die ideale plekkie om saans te kuier en 'n vleisie oor die kole te gooi. Die boma is langs die selfhelpkroeg.

Die kroeg bestaan uit dwarsleêr-balke en ingerig met 'n platskerm-TV met volledige DStv en 'n sitkamerstel sodat jy altyd 'n plekkie sal hê om die rugby te sit en kyk. In die kroegarea is daar ook 2 gaste-toilette. Ons voorsien ook 'n instapkluis in die kroeg sodat almal die besittings wat hulle graag wil veilig hou kan wegsluit.

Al die geriewe is oopplan en het grasdakke. Hier sal jy regtig deel voel van die natuur en die bos. Hier is beperkte selfoon-ontvangs en ons is 120 km van die naaste dorp af met geen hoofpaaie wat verby ons loop nie so dit is baie rustig en vreedsaam.

Gaste kan hulle dophou in die kamp. Ons bied ook selfry-wildritte waartydens jy moontlik swartwitpense, buffels en kampeelperde sal gewaar, om maar net 'n paar te noem. Op die plaas is daar ook 4 watergatte met wegkruiphutte wat gebruik kan word deur fotografie en voël-entoesiaste of diegene wat net graag die diere van naderby wil sien. Bespreek hierdie uitstappies asseblief voor aankoms.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 5 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

8

4 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wildritte
Swembad
Grondpad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Stroomdienste
Braai
Werkspasie

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 2 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Carien Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 2

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Plaas Buffelsvlei, Thabazimbi, 0380, Limpopo
  • Gaste dink Buffelsvlei Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 6 000
per nag (plek vir 8)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 6 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf
R 6 000
per nag (plek vir 8)
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas Buffelsvlei, Thabazimbi, 0380, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5067b4af2947c36b89080e50bdac81eb8d782125a52e3040484cb676c7c54e79cee62c3eec264773e8d5e6b01cf743951c35?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R6 000 per nag (plek vir 8) 2 5 1 5 Plaas Buffelsvlei Thabazimbi 0380 Limpopo 021 201 8901 13:00-17:00 10:00 -24.318594763665 26.799008344025
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang