Successfully reported

Buitenstekloof Witkruis Cottage

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 15 resensies

Baie goed

Netheid
4.2
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.1
Diens
4.4
Veiligheid
4.7
Christine B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.2
Jan 2025

Pragtige natuur en sterrehemel. Rus vir die siel. Ons het lekker gebly, maar daar was 'n paar kriewelinge: Die sonkragpanele is wonderlik, maar het begin skreeu vroeg die Vrydagaand en bietjie later die Saterdagaand. Die mees irriterendste waarskuwing geluid elke uur tot die volgende oggend. Ek vermoed die batterye moet vervang word, want ons het die ligte minimaal gebruik, so dit los net die yskas wat krag getrek het.

Netheid
3.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0
Marie
Buitenstekloof Witkruis Cottage
Christine, ons waardeer jou terugvoer en sal beslis aandag gee aan die solarstelsel. Gelukkig kon Gerald die probleem vir julle uitsorteer. Ons is bly dat julle die pragtige natuur en sterrehemel geniet het. Ons sien uit daarna om julle binnekort terug te verwelkom. Blessings, Marié

Alita B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
3.8
Apr 2025

Dapper Stapper! Die asemrowende uitsig vanaf die stoep, die pragtige staproetes en die feit dat ek my dierevriende kon saamvat, het alles die moeite werd gemaak. Ongelukkig het ons die hele naweek gesukkel met kragprobleme en het ook 2 aande nie warm water gehad nie. Sal ek dit aanbeveel? Beslis! Neem net genoeg kerse of olielampies saam en staal jou vir 'n koue stort.

Netheid
3.0
Diens
3.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0
Marie
Buitenstekloof Witkruis Cottage
Hi Alita, Dankie vir jou terugvoer. Ons het alreeds die kragprobleem uitgesorteer en sal aandag gee aan die warm water. Ons vra dat gaste ons dadelik laat weet as daar 'n probleem is sodat ons dit so vinnig as moontlik kan uitsorteer. Ons is bly julle het pragtige natuur en rus en stilte geniet! Blessings Marié

Anonieme gas
1 nag Saam met lewensmaat
3.0
Mrt 2025

Netheid
3.0
Diens
3.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
1.0

Debbie A
Kort verblyf Saam met lewensmaat
2.8
Jan 2025

Pragtige omgewing en rustigheid, maar teleurgesteld in die kothuis. Goeie ligging, pragtige omgewing. Die kothuis het baie potensiaal, maar is swak onderhou en het baie aandag nodig. Definitief nie R1,390 per nag werd nie. Sonkragstelsel was problematies. Ons het 'n dag vroeër vertrek as wat bespreek was. Stoep se plafon/dak deurtrek van vlermuise, dus konstante mis op die stoep. Res van die wildelewe was besonders om te ervaar.

Netheid
1.0
Diens
3.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
1.0
Marie
Buitenstekloof Witkruis Cottage
Dankie vir jou terugvoer, Debbie. Die probleem wat julle ondervind het met die vlermuise is uitgesorteer. Blessings Marié

Annamarie D
Kort verblyf
5.0
Nov 2023

Mooiste natuur en stilte. Die enigste probleem was die 10h00 uitgaan, so my vrou kon dit ongelukkig nie beleef nie, want sou dan moes sit en wag vir 5 ure op 'n ander plek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marie
Buitenstekloof Witkruis Cottage
Dankie vir jou positiewe terugvoer, Annamarie. Ons is bly dat jy jou verblyf geniet het. Ons is egter altyd oop vir 'n versoek om later uit te boek as daar nie gaste dieselfde dag inkom nie, en sou julle beslis die grasie verleen om later uit te boek. Ons sien uit daarna om julle binnekort terug te verwelkom. Blessings Marié

Marita K
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2023

Godgelooflike ervaring om so naby aan jou Skepper se skepping te kon wees. Weens onvoorsiene omstandighede buite ons beheer (stormweer) moes ons noodgedwonge vinnig oppak Sondagaand. Daar is geen selfoonopvangs en dit het onophoudelik gereën, so ons het binne 'n uur klaar gepak en 7 uur Sondagaand teruggery Kaap toe. Ons het net betyds teruggekom, anders was ons ook van die mense wat vasgevang was met die oorstromings. Ons beveel die verblyf met die grootste vrymoedigheid aan as jy wil "connect" met God en Sy skepping. Hier kan jy vir seker weer herlaai. Jy het die nodige geriewe om te doen wat jy tuis ook kon doen as dit by etes kom. Alles is daar. Jy mis nie eens jou luuksighede van jou huis nie. Daar is 'n heerlike kaggel asook 'n gasverwarmer. In die somer is daar baie meer aktiwiteite om aan deel te neem, soos fietsry en die staproetes doen, asook die voëls bewonder, en die pragtige plantegroei.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marie
Buitenstekloof Witkruis Cottage
Baie dankie vir jou positiewe terugvoer, Marita! Ons waardeer dit en is bly julle het julle verblyf geniet in ons stukkie paradys. Ons sien uit daarna om julle binnekort terug te verwelkom om weer te kom rus in Sy teenwoordigheid en skepping. Blessings Marié

Remke O
Kort verblyf
5.0
Jun 2023

Solitude. Quietness. Setting is unbelievable. An excellent 3-night break away to read and do nothing. There was a massive storm and the rain on the roof and passing river sounded amazing. Highly recommended.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marie
Buitenstekloof Witkruis Cottage
So glad you enjoyed your stay, Remke. We appreciate the feedback. We look forward to welcoming you back soon. Blessings Marié

Helga U
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2023

Buitenstekloof Mountain Cottages het ons wildste verwagtinge oortref! In die 2 dae wat ons hier was, het dit gevoel asof ons vir 'n week lank op vakansie was. Die natuurskoon is absoluut asemrowend. Om op so manier deel te word van die natuur - aanvoelbare stiltes, pragtigste voëlgeluide, kabbelende waterstrome, sonsondergange wat prentjiemooi is en 'n sterreprag wat onbeskryflik is! Die hoogtepunt was natuurlik die verhitte swembadjie! Wat meer wil jy dan nou hê? As jou behoefte is om batterye te laai, is Buitenstekloof Mountain Cottages jou antwoord!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marie
Buitenstekloof Witkruis Cottage
Baie dankie vir jou terugvoer, Helga! Ons is bly om te hoor dat julle heerlik gerus het en die pragtige natuur en stilte geniet het! Ons sien uit daarna om julle binnekort weer hier te verwelkom. Blessings Marié

Kathryn B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2023

Heaven is a place on earth... And we found it at Buitenstekloof Mountain Cottages! The rustic simplicity of Witkruis Cottage was exactly what we needed for a couple's weekend away. Our only regret was that we couldn't stay longer.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marie
Buitenstekloof Witkruis Cottage
Thank you for your review, Kathryn. We are glad to hear that you enjoyed our little piece of heaven, and look forward to welcoming you back in the near future. Blessings Marié

Pieter C
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Jul 2023

Stil, rustig, en ontspannend. Perfekte plek om te gaan afskakel met 'n lekker boek. Pragtige ligging met berge en fynbos waar jy kyk. Die kothuis het alles wat jy benodig en nog baie meer.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marie
Buitenstekloof Witkruis Cottage
Dankie vir jou positiewe terugvoer, Pieter! Dis vir ons lekker om te hoor dat julle lekker gerus en afgeskakel het tussen ons mooi berge en fynbos. Ons sien uit daarna om julle binnekort terug te verwelkom. Blessings Marié

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4/5

Marie Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 106

Op LekkeSlaap 9 jaar

Vanaf
R 2 285
per nag, vir 3 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 285
per nag, vir 3 mense
Vanaf
R 2 285
per nag, vir 3 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R60, Buitenstekloof Farm, Robertson, 6705, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe75e13fd449350b78fa7f0fd6ad6e5e24ac58b717d5cde077d7ca6f6f919a972353f1af65301280a90c272e0720d6e0d0ad6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 285 per nag, vir 3 mense 15 5 1 5 R60 Buitenstekloof Farm 6705 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.72074462685 19.765197736739
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang