Successfully reported
+26

Bungalow Ulusaba

Selfsorg
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 22 Victoria Road, Clifton, Cape Town, 8001, Wes-Kaap
  • Vanaf R12 357 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Bungalow Ulusaba is 'n asemrowende vakansiehuis wat na die see uitkyk in die eksklusiewe en nuwerwetse woonbuurt Clifton. Die huis is op die trappe geleë wat na die gewilde Derde Strand lei en spog met manjifieke see-, strand- en berguitsigte vanuit elke area.

Dié dubbelverdiepinghuis bied slaapplek vir tot 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers op die onderste verdieping en 'n oopplan-kombuis en -leefarea bo.

Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n instapstort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en maak gebruik van 'n toegewyde badkamer oorkant die gang, toegerus met 'n instapstort. Die derde en vierde slaapkamer het elk 'n koningingrootte-bed en deel die gesinsbadkamer wat toegerus is met 'n instapstort. Al 4 slaapkamers het 'n skuifdeur wat na 'n tuintjie buite lei; asook lugversorgingseenhede met beide warm en koue lug.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en bevat 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n Nespresso-koffiemasjien, 'n ysmasjien en 'n skottelgoedwasser. Wasgeriewe sluit 'n wasmasjien in.

Die eetarea is 'n groot kroegstyltafel met sitplek vir 12 mense op kroegstoele, terwyl die sitkamer 'n gemaklike sitkamerstel en 'n muurgemonteerde platskerm-TV met sekere DStv-kanale het. Gratis WiFi-toegang word ook voorsien. Die is ook 'n gedeelte met 'n groot rusbank en 'n houtkaggel.

Die leefarea lei na 'n lieflike patio buite met sitplek, gasbraaigeriewe en 'n plonspoel. 'n Enkelmotorhuis is binne 'n kort afstand op Victoriaweg beskikbaar.

Kamer-opset

4 Slaapkamers 3 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
DStv
Braai

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Esta-Marita Geverifieer

Eiendomme 18

Resensies 9

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • 22 Victoria Road, Clifton, Cape Town, 8001, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 12 357
per nag (plek vir 8)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 12 357
per nag (plek vir 8)
Vanaf
R 12 357
per nag (plek vir 8)
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 volwassenes
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 22 Victoria Road, Clifton, Cape Town, 8001, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcaafe05ab7383d7e2c65af770b0cb835da4f6af8436a9e8c18ee0665605b75d5fe1253e7e5a71db5c53f7dd0ddc316e1dd40?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R12 357 per nag (plek vir 8) 22 Victoria Road Clifton 8001 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -33.940077 18.37693

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang