Bushbaby Haven
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 3488 Zebra Street, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
- Vanaf R908 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Bushbaby Haven is in Marloth Park geleë en bied gerieflike selfsorgverblyf in ’n rustieke kothuis tussen die boomtoppe. Dié grasdakkothuis bied lieflike uitsigte, en as jy gelukkig is mag jy dalk net ’n kameelperd sien wat jou kom groet terwyl jy jou oggendkoffie of glasie wyn geniet.
Die kothuis het 1 slaapkamer met ’n dubbelbed, ’n badkamer met ’n bad en 'n stort, asook ’n oopplan-kombuisie en -leefkamer. Die kombuisie is toegerus met ’n yskas, ketel, broodrooster, stofie en kooktoebehore. Sit buite op die dek met jou gunsteling boek, of bewonder die voëllewe met jou verkyker. Die kothuis is ver van die grond af, so daar is trappe wat dalk nie gepas is vir alle gaste nie.
Gaste het toegang tot parkeerplek. Troeteldiere word nie toegelaat nie aangesien Marloth Park ’n wildreservaat is. Die kothuis beskik nie oor ’n TV of WiFi nie, wat gaste toelaat om bietjie ’n ruskans te neem sonder enige tegnologie. Daar is wel restaurante en winkels in die park wat internet het. Die kothuis is ideaal vir diegene wat op soek is na ’n romantiese wegbreek.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4/5
Amukela Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 65
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- 3488 Zebra Street, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
- Gaste dink Bushbaby Haven het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 3488 Zebra Street, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang