Caline-V Luxury Beach Front Flat
- 
            
            
                Kapasiteit: 3 persone
                                                        
                                            
2 volwassenes, 1 kind - Alle ouderdomme is welkom
 - 
            
            
                Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sumatra Avenue, Big Bay Beach Club Unit 93, Big Bay, 7441, Wes-Kaap
 - Vanaf R1 500 per nag (plek vir 3)
 
Beskrywing
            Caline-V Luxury Beach Front Flat bied selfsorgverblyf in 'n veilige kompleks in Big Bay, Kaapstad. Dit is 'n ideale keuse vir sakereisigers en vakansiegangers wat op soek is na 'n rustige tuisbasis tydens hul besoek aan hierdie kusvoorstad.
Die woonstel op die grondvloer kan tot 2 volwassenes en 1 kind akkommodeer in 1 slaapkamer en 1 badkamer. Die slaapkamer is gemeubileer met 'n koningingrootte bed. Die badkamer is toegerus met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, eetgerei en breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n ontbyttoonbank met stoele. 'n Skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër is beskikbaar vir ekstra gerief. Die sitkamer is gemeubileer met 'n gemaklike rusbank, 'n matras slegs vir kinders en 'n slim-TV. Toegang tot WiFi is beskikbaar.
Gaste kan 'n ingeslote patio met 'n eetkamertafel en braaigeriewe geniet. Die kompleks spog met 'n gemeenskaplike swembad, 'n braai-area, putt-putt-baan en 'n tennisbaan. Oorkant die pad van die kompleks is daar direkte toegang tot die strand. Plaaslike geriewe soos winkels en restaurante is naby.
        
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Leefarea
1 x Kindermatras vir 1
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Jacqueline Geverifieer
Eiendomme 6
Resensies 23
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Sumatra Avenue, Big Bay Beach Club Unit 93, Big Bay, 7441, Wes-Kaap
 
Toeganklikheid
- 
                                
                                    
                                
                                
                                                                            Kapasiteit: 3 persone
                                    
                                                                                                                                                                                                        
2 volwassenes, 1 kind - Alle ouderdomme is welkom
 - 
                                
                                    
                                
                                
                                    Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sumatra Avenue, Big Bay Beach Club Unit 93, Big Bay, 7441, Wes-Kaap
 
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang