Successfully reported
+20

Call of the Fish Eagle

Selfsorg
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2354 Wielewaal Avenue, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
  • Vanaf R3 800 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Call of the Fish Eagle bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n luukse dubbelverdiepinghuis in die Marlothpark Bewarea wat aan die Krugerwildtuin grens. Marlothpark is 21 km vanaf die Krugerwildtuin se Krokodilbrughek geleë.

Dié huis naby die grens word daagliks deur wild soos blouwildebeeste, kameelperde, sebras, koedoes, vlakvarke, rooibokke en 'n verskeidenheid voëlspesies besoek.

Die huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 3 en suite-slaapkamers. Daar is 2 slaapkamers op die boonste verdieping wat elk 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad en 'n dubbelwasbak het. Die ander slaapkamer is op die onderste verdieping en het 2 driekwartbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n dubbelwasbak. Daar is 'n tweede leefarea op die boonste verdieping met 2 slaapbanke vir 2 gaste.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, oond, stoof, mikrogolfoond, eetgerei, breekware, 'n waterfiltreerstelsel, wasmasjien en 'n skottelgoedwasser toegerus. Die kroeg is met 'n yskassie, ysmasjien en glase toegerus.

Al die slaapkamers en leefareas lei na die kuierdek. Die onderste dek het 'n plonspoel en 'n boma met 'n braai-area en 'n vuurput. Die dek is is lekker groot en ideaal vir ontspan en om die wild wat rondom die huis kom wei, dop te hou.

Sonkrag, 'n boorgat, onbeperkte WiFi en 'n TV met sekere DStv-kanale word voorsien. Elke slaapkamer en die leefarea op die onderste verdieping het lugversorging. Daar is ook 'n alarmstelsel, laserstraalsekuriteit op die dek en Clear Guard-diefwering voor al die deure en vensters.

Die huis is naby verskeie restaurante en winkels in Marlothpark. Dit is die ideale basis vanwaar gaste daguitstappies na die Krugerwildtuin kan neem. Marlothpark het 'n wildreservaat, Lionspruit, wat 'n voëlkykersparadys is en met meer as 300 voëlspesies spog. Dit sluit die geelvleknikator, geelbekneushoringvoël, rooibekneushoringvoël, grysneushoringvoël, gekroonde neushoringvoël en die visarend in.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 1 Leefarea 3 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Leefarea

2

2 x Enkelslaapbank

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Mooi uitsig
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
5.0
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Leandri S
Gesin met tieners
5.0
Gasvryheid was tops. Plek is goed toegerus met alles wat jy nodig het. Ons het baie lekker gebly.
Jul 2025
Yolandie S
Gesin met tieners
5.0
Was die hartseerste totsiens heelpad terug Vrystaat toe gehuil! Take me back! Home far away from home! Jy is die beste, 24/7 beskikbaar en jou menswee...
Sien meer
Aug 2024
Stephan D
5.0
Wonderlike kuier gewees. Ons het heerlik gebly en gekuier by Call of the Fish Eagle, die huis was perfek vir ons gesin. Ons kon die stilte van die nat...
Sien meer
Jun 2024
Melissa G
Gesin met klein kinders
5.0
Die eienaars het aan die kleinste goed gedink wat ons lewens vergemaklik het. Heerlik gekuier by Call of the Fish Eagle. Pragtige plek met alles wat j...
Sien meer
Mrt 2024
Nomusa D
4.6
It was refreshing. It feels like home, peaceful.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Karin Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • 2354 Wielewaal Avenue, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink Call of the Fish Eagle het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 800
per nag (plek vir 8)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 800
per nag (plek vir 8)
Vanaf
R 3 800
per nag (plek vir 8)
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2354 Wielewaal Avenue, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4f368a9e0bf8789c3bb7c1ccb33df49d536647bf59961f45005e7b09aa5a4a2c72cd94705da0ee6b653fe1435a70b3cf7014?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 800 per nag (plek vir 8) 6 5 1 5 2354 Wielewaal Avenue Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -25.339634341451 31.782048473611

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang