Successfully reported
+25

Cap Du Mont

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 20 Beach Boulevard, Unit 10 Cap Du Mont, Cape Town, 7441, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 500 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Cap Du Mont is 'n lieflike vakansiehuis wat uitkyk oor die see en bied verblyf in 'n veilige kompleks in die kusvoorstad Bloubergstrand. Die woonbuurt is geseën met 'n pragtige uitsig oor Tafelberg en spog met 'n goue strand wat ideaal is vir watersport soos seilplankry en vlieërbranderry, terwyl ander doendinge soos vierwielmotorfietsry, voetslaan, en inkopies doen.

Die smaakvol gemeubileerde huis bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, waarvan een met see-uitsigte en 'n en suite-badkamer spog. Die slaapkamers is albei ingerig met 'n koningingrootte-bed. Die en suite-badkamer het 'n hoekbad terwyl die tweede badkamer apart is en met 'n stort toegerus is.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf en wasmasjien. Die oopplan-leefarea het see-uitsigte, gemaklike sitplek asook 'n TV en lei na 'n balkon met 'n ketelbraai en etenstafel.

Afgesien van die strande en die pragtige uitsigte, bied Bloubergstrand 'n aantal besienswaardighede en doendinge vir die ywerige reisiger en sy nabyheid aan die middestad maak dit 'n ideale bestemming vanwaar u Kaapstad kan verken.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
Openbare vervoer naby
TV
Lugversorging
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
Stroomdienste
Braai

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 29 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.6
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Salomien S
5.0
Lekker. Cap du Mont was perfek - pragtig en baie goed geleë - dis regtig baie mooi en lekker om daar te bly.
Aug 2025
Gene T
Gesin met tieners
5.0
Uitstekende verblyf. Kommunikasie was perfek, was heeltyd op hoogte gehou van reëlings. Woonstel was netjies en skoon en eienaar baie vriendelik.
Mei 2025
Renier O
Besigheidsreis
5.0
Aangenaam. Lekker gebly, alles reg en netjies gewees.
Mrt 2025
Sulene B
Besigheidsreis
5.0
Alhoewel dit vir besigheid was, het dit steeds soos 'n mini vakansie gevoel. Alles was perfek, dankie.
Aug 2024
Elma L
Besigheidsreis
4.6
Netjiese, veilige verblyf. Heerlike verblyf. Kombuis toerusting kan bietjie opgeskerp word.
Jun 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Raymond Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 29

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 20 Beach Boulevard, Unit 10 Cap Du Mont, Cape Town, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink Cap Du Mont het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 500
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 500
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 3 500
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 20 Beach Boulevard, Unit 10 Cap Du Mont, Cape Town, 7441, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAArGk4LHAaayfcRv0mu9ENjVPt61vjLsDYrzt0uGtegl8k7bWB7E?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 500 per nag (plek vir 4) 29 5 1 5 20 Beach Boulevard Unit 10 Cap Du Mont 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -33.8191535 18.4752166

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang