Successfully reported
+24

Cape Town Adilo Villa

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 194D Blauwberg Street, Table View, Cape Town, 7441, Wes-Kaap
  • Vanaf R5 000 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Cape Town Adilo Villa is 'n ruim huis in Table View wat ideaal is vir onvergeetlike verblyf saam met familie en vriende aangesien dit net 'n entjie se ry vanaf die strand is.

Die huis bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 2 badkamers en 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed, die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n enkelvloermatras, en die vierde slaapkamer het 'n driekwartbed en 'n enkelvloermatras. Die gaste in hierdie slaapkamers deel die tweede badkamer wat 'n bad en 'n stort het. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, broodrooster, ketel, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die kombuis lei na 'n etenstafel met sitplek vir 8 en 'n knus sitarea met gemaklike rusbanke en 'n TV met die volle DStv-pakket. Gratis WiFi is ook beskikbaar.

Buite is daar 'n kuierarea met braaigeriewe en sitplek, en veilige parkeerplek op die perseel. Die huis is lekker naby restaurante, winkelsentrums en skole geleë.

Kamer-opset

4 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Slaapkamer

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

3

1 x Koningingrootte-bed

1 x Ekstra enkelmatras

Slaapkamer

2

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Ekstra enkelmatras

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Kaggel
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Uitstekend

Netheid
4.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Brian Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • 194D Blauwberg Street, Table View, Cape Town, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink Cape Town Adilo Villa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 5 000
per nag (plek vir 10)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 5 000
per nag (plek vir 10)
Vanaf
R 5 000
per nag (plek vir 10)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 194D Blauwberg Street, Table View, Cape Town, 7441, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8db2dabfffd5477ee91ad1b50d7e9aa0e51c62e6c6d288e44786fa945f92409699c7eafce199437efebe9e73071a464560b1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 000 per nag (plek vir 10) 1 5 1 5 194D Blauwberg Street Table View 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 11:00 -33.829020637435 18.502665308457

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang