Successfully reported
+64

Casalinga La Casa and Restaurant

Gastehuis
  • Kapasiteit: 26 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plot 328, Rocky Ridge Road, Johannesburg, 1739, Gauteng
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Casalinga La Casa and Restaurant is net buite Johannesburg in 'n pragtige omgewing omring deur vreedsame, plattelandse tuine in die middel van 'n plaas geleë.

Verblyf word in 9 moderne eenhede met slaapplek vir 2 tot 4 gaste per kamer aangebied. Gaste kan tussen eenhede op die eerste verdieping of eenhede op die grondverdieping kies. Sommige eenhede is in die herehuis en daar is 'n lieflike, gemeenskaplike sitkamer en kaggel. Dié kamers het elk of 'n dubbelbed, koningingrootte-bed of 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad of albei. Alle linne en handdoeke word voorsien.

'n TV met die volle DStv-pakket is aan alle gaste beskikbaar, sowel as WiFi en veilige parkeerplek. Daar is ook 'n restaurant op die perseel wat ontbyt, middagete en aandete bedien.

Casalinga is die perfekte bestemming aangesien dit ouwêreldse, plattelandse bekoring en 'n elegante, moderne styl bymekaarbring. Dit is ook 'n goeie venue vir informele partytjies, formele troues en groot besigheidsfunksies. 'n Groot verskeidenheid spyseniering-opsies is beskikbaar en die venue gebruik vars produkte uit die organiese groentetuine. Gaste kan lekker op die plaas en in die pragtige tuine gaan stap, 'n begeleide toer bespreek om vars groente en vrugte te gaan pluk, of sommer net 'n lekker skemerpiekniek hou om die sonsondergang te waardeer.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4/ 5

Gebaseer op 15 resensies

Baie goed

Netheid
4.3
Ligging
4.1
Waarde vir geld
3.6
Diens
3.9
Veiligheid
4.3
Gaste se hoogtepunte
Avesh B
Saam met lewensmaat
5.0
Comfortable, clean room on a beautiful rustic property. Very spacious, comfortable and clean room. The restaurant has excellent fresh f...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2025
Peter M
Saam met lewensmaat
4.8
Perfect date location. Beautiful rooms in a fantastic location. We booked in for the night and had a great romantic dinner at the resta...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024
Bruce S
Saam met lewensmaat
4.6
Great venue! The stay was perfect for an overnight stay for a wedding at another venue. The day started off great with a friendly arriv...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2025
Paul V
Saam met lewensmaat
4.6
Sal dit vir enige iemand aanbeveel. Alles was in orde en netjies en skoon gewees. Die ontbyt wat ingesluit was, was heerlik gewees in 'n ontspanne bui...
Sien meer
Mei 2025
Miranda W
Gesin met klein kinders
4.6
Very helpful and lovely people, beautiful gardens. Our stay was pleasant and the manager was extremely kind, helpful, and accommodating...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4/5

Hettie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 15

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Plot 328, Rocky Ridge Road, Johannesburg, 1739, Gauteng
  • Gaste dink Casalinga La Casa and Restaurant het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 950
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 950
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 950
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 26 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plot 328, Rocky Ridge Road, Johannesburg, 1739, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7148ce398a8d35ba782597971e3f3b464cf674d5dcb8b03aee60a30d5965f4cc89417a184cd35a55ad630a5bb61ef929054a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag (plek vir 2) 15 5 1 4 Plot 328 Rocky Ridge Road 1739 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.044660428419 27.871457484209

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang